Leesplan inligting

Doen Sake BonatuurlikVoorbeeld

Doing Business Supernaturally

DAG 4 VAN 6

Oneindige Potensiaal 



Besef jy jou potensiaal? 



Jy weet dit dalk nie, maar jy het baie meer potensiaal as Bill Gates! Ernstig. Een van die rykste mans in die wêreld het 'n paar ernstige beperkings wat jou nie sal hinder as jy 'n volgeling van Christus is nie. Kom ons kyk na die feite ... 



1. Bill Gates is as die beeld van God gemaak. (Genesis 1:27) Ons Skepper het in 'n spieël gekyk toe Hy vir Bill geskep het. En Bill het dit vermenigvuldig! Dit geld egter ook vir julle, broers en susters. 



2. Jy het Christus in jou, die hoop op heerlikheid. (Kolossense 1:27) Van wat ons sien, het Bill nie hierdie voordeel nie. 



3. Jy het die denke van Christus. (1 Korintiërs 2:16) Weereens, blyk dit dat Bill dit nie het nie. 



4. Jy het die Heilige Gees. God wat in jou lewe! (1 Korintiërs 3:16) Weereens, nog 'n voordeel wat jy bo mnr. Gates het. 



Kan daar dus gesê word dat Bill slegs op 'n kwart van jou kapasiteit werk? My vriende, ons moet in ons eie verlossing begin glo! Ook die implikasies daarvan vir ons lewens en ondernemings. 



As Bill en ander soveel bereik het sonder toegang van God se Gees, en sonder die besware wat hulle op hulleself geplaas het van die wêrelds-heilige tweeledigheid, dink aan wat jy kan doen! Oorweeg die toegang wat jy tot Goddelike wysheid en kreatiwiteit het. 



Dit is tyd dat ons ons geloof en ons ondernemings verenig. Dit is tyd dat ek en jy God se kreatiewe oplossings en innovasie gebruik om die wêreld se probleme op te los. Daar is oral probleme. Sommige is op 'n wêreldwye skaal, en ander lyk dalk minder betekenisvol. As dit vir jou belangrik is, dan is dit vir God belangrik. 



Matt McPherson was 'n evangelis en 'n aanbiddingsleier. Hy was ook lief vir boogjag. Eendag het hy duidelik gehoor hoe God sê: “Ek ken elke antwoord op elke probleem in die wêreld. As mense My net sou vra, sou Ek vir hulle daardie antwoorde gee.



Matt kon natuurlik vir die oplossing van wêreldwye honger gevra het. Of hoe om 'n groot bediening te skep. Maar hy het nie. Hy het God gevra om hom te help om 'n beter saamgestelde boog te bou. 



Jy sien, saamgestelde boë is in die laat 60's ontwerp en hulle het twee nokke gehad. Ontwerpers het vir meer as 'n dekade gesukkel om die nokke sover te kry dat hulle perfek sinkroniseer, maar dit was onsuksesvol. Die gebrek aan sinchronisasie het veroorsaak dat daar nie korrek gemik kon word nie, 'n ooglopende probleem vir jagters. 



Ongeveer twee weke later het Matt in die middel van die nag wakker geword. Hy sien toe 'n vel papier wat voor sy gesig hang. Daar was 'n diagram van 'n saamgestelde boog met 'n hand daarop geteken. Hy het regop gesit en die bloudruk begin kopieer. Hy het besef dit is anders as enige saamgestelde boog wat ooit gebou is. Hierdie boog het 'n enkele nok gehad. 



Jy besef waarskynlik dat Honda baie motors verkoop en 'n klein wins per motor maak. Rolls Royce verkoop baie min motors, maar maak 'n groot wins per motor. Matt McPherson het Mathews Inc. begin, en hulle is nou die grootste boogskietvervaardigers ter wêreld. Anders as Honda maak Mathews 'n baie groot wins op elke boog. 



Matt het ook 'n nuwe soort akoestiese kitaar ontwerp, en sy McPherson-kitaar word as een van die beste ter wêreld beskou. Matt se onderneming is sy bediening. Matt loop steeds in sy plaaslike winkelsentrum in Wisconsin rond en deel die evangelie. Hy het steeds vir God eerste gestel in alles wat hy doen. 



Hoekom nie jy nie? Hoekom kon God jou nie gebruik om 'n probleem op nasionale skaal op te los nie ... of in jou gemeenskap of maatskappy? Die wêreld roep uit na oplossings, en die volk van God het toegang tot Goddelike strategieë wat volke sal genees en vrede kan bring. Nou is dit tyd om te vra. 



Toe ek jou die eerste keer vertel het van Matt McPherson se gebed hierbo, het jou hare orent gestaan? Het jy gedink 'n meer godvrugtige mens sou vir iets ... meer Goddelike gevra het? Indien wel, het jy dalk in die strik van die wêrelds-heilige tweeledigheid getrap. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Doing Business Supernaturally

Ek het jare lank in 'n leuen geglo. Hierdie leuen is veels te algemeen in Christelike kringe. Ek het geglo in 'n wêrelds-heilige tweeledigheid. Dit het my teruggehou. Sluit by my aan om te verken hoe God ons bonatuurlik ...

More

Baie dankie aan Gateway Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://dbs.godsbetterway.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid