Leesplan inligting

Doen Sake BonatuurlikVoorbeeld

Doing Business Supernaturally

DAG 2 VAN 6

Op die Aarde net soos in die Hemel



Ons het gister geleer dat ons as sakelui 'n eersteklas roeping van die Here ontvang het. Ons het die geleentheid om God se krag op unieke en kragtige maniere te betoon aan 'n gebroke wêreld wat na oplossings smag. Dit behoort ons gebede te beïnvloed. 



Ons bid die Ons Vader. Tog, wat beteken dit regtig? En wat beteken dit vir ons sakeondernemings? 



Dit beteken, as dit nie in die hemel is nie, hoort dit ook nie op aarde nie. As dit nie in die hemel is nie, hoort dit nie in my lewe of my gesin of my sakeonderneming te wees nie. Dit sluit onvergewensgesindheid en twis en mislukking in sake in. Dit sluit slegte werknemers en slegte base in. Dit sluit ook swak vakmanskap en swak kliëntediens in. Niks hiervan is deel van God se plan nie. 



Hoe lyk dit dus wanneer die koninkryk van die hemel die koninkryk van die aarde binnedring? 



Die wil van God geskied op aarde soos in die hemel. Die mense, die sakeondernemings en die gemeenskap floreer. Kultuur word ten goede beïnvloed. Kliënte kry die goedere of dienste wat hulle benodig, en die sake-eienaar en werknemers floreer. 



Die heerlikheid en liefde en krag van Jesus word vertoon. Werknemers werk hard en hulle word beter huweliksmaats en ouers en vriende en gemeentelede. 'n Deel van hierdie wêreld word na sy oorspronklike skepping in Eden beweeg. 



Wanneer ons dit reggekry het, bid ons anders. Ek het dekades lank as sakeleier vir evangelisasie en siekte en groei in die kerk gebid. Ek het vir gesinne en vriende gebid. Ek het egter dom gevoel om God te vra om my sakeonderneming te help slaag. Dit was deel van daardie valse tweeledigheid waaroor ek gister gepraat het. Ly jou gebedslewe as gevolg van hierdie leuen? 



'n Sekere man se beroep was om houtmeubels op te knap. Hy het besef die chemikalieë is skadelik en kan langtermyn gesondheidsprobleme veroorsaak, dus het hy beplan om van sy onderneming afstand te doen as hy nie 'n oplossing kon vind nie. Hy het in sy winkel begin om 'n nuwe chemikalie te probeer uitvind wat organies en nie giftig is nie. Hy het boonop 'n hoë standaard gehad: dit moes net so goed werk soos die chemiese handelsmerke. Hy en sy vrou het God vir 'n oplossing gevra. 



Eendag het hy vir sy vrou middagete huistoe gebring. Sy was swanger, en toe sy uit 'n middagslapie wakker word, het sy hom vertel van 'n droom wat sy gehad het met 'n vreemde reeks letters. Die man het besef dit is 'n chemiese formule. Terug in sy winkel, het hy hierdie chemikalieë saamgevoeg. 



Hierdie mengsel was die perfekte formule vir 'n nie-giftige houtstroper vir meubels. Dit het net so goed gewerk as kommersiële handelsmerke. Hy het dit toe in sy streek begin bemark. Die egpaar het uiteindelik hierdie patent aan 'n groot korporasie verkoop. Toe het hulle 'n mooi karavaan gekoop en die middele gehad om deur Amerika te reis en evangelisasie te doen. 



Het jy vandag wysheid nodig vir jou onderneming? Sien jy probleme in jou wêreld wat oplossings nodig het? Ek kan jou verseker dat God antwoorde het, en Hy is gereed om jou te gebruik om dit van die hemel na die aarde te bring. Dit is jou taak om te vra ... en 'n antwoord te verwag. 



"Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig” Johannes 16:13. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Doing Business Supernaturally

Ek het jare lank in 'n leuen geglo. Hierdie leuen is veels te algemeen in Christelike kringe. Ek het geglo in 'n wêrelds-heilige tweeledigheid. Dit het my teruggehou. Sluit by my aan om te verken hoe God ons bonatuurlik ...

More

Baie dankie aan Gateway Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://dbs.godsbetterway.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid