Leesplan inligting

Waaroor gaan Paasfees?Voorbeeld

What Is Easter All About?

DAG 5 VAN 6

Genade Het Die Wêreld Gered!


Gister het op 'n hartseer noot geëindig. Jesus, die sagmoedige Geneesheer, is wreedaardig doodgemaak. Die volmaakte Een was dood. 


Jesus se volgelinge is alleen agtergelaat en was bang. Sou Hy terugkom soos Hy gesê het? Dalk was alles 'n bedrogspul. Dalk sou dit nie gebeur nie. Dalk is hulle om die bos gelei. 


Onthou jy die twee video's van Jason waarna jy in hierdie leesplan gekyk het? En die ruspes? Kyk na Jason se laaste video om te sien wat Paassondag vir hom beteken — en wat dit vir jou beteken! 



Paassondag het gekom! Jesus is nie meer dood nie! Hy leef vir ewig! Hy het die prys van sonde eens en vir altyd betaal. Al wat ons moet doen is om met ons harte te glo dat God Jesus uit die dood opgewek het en sy gratis geskenk van genade vir ons sondes aanvaar. God het van die begin af sy plan uitgewerk: Hy het 'n plan gemaak om ons na Hom terug te bring! 


Dis alles so wonderlik. Jesus se volgelinge, wat uit vrees en met gebroke harte weggekruip het, was verwonderd en baie bly om te sien dat alles wat hulle omtrent Jesus geglo het, waar was. Hulle het die res van hulle lewens daaraan gewy om die goeie nuus te versprei dat Jesus eens en vir altyd, vir almal, die dood oorwin het! 


Hulle het die risiko geloop om in die tronk te beland omdat hulle volgehou het om die goeie nuus te versprei. In werklikheid is die meeste van hulle doodgemaak omdat hulle nie wou ophou om vir almal van Jesus te vertel nie. Die leiers van daardie tyd het uit jaloesie probeer om hierdie verhaal dood te smoor, uit vrees dat die mense in opstand sou kom of eerder vir Jesus volg as vir hulle. Ten spyte daarvan het die verhaal van God se liefde en dat Hy wonderbaarlik weer met die mensdom versoen is, versprei. Dit het net nog meer versprei. Dit wou nie ophou nie. Dit het sy pad selfs na jou gevind, wat nou hierdie oordenking lees! God se liefde vir die wêreld sal nooit ophou nie! 


Jesus se volgelinge was bang en hartseer op die Vrydag en Saterdag nadat Hy dood is. Paassondag het alles verander! Dit het alles vir die hele mensdom vir altyd verander! Hy het opgestaan! 


Vra jouself af: Jesus se volgelinge was meestal gewone mense: vissermanne, landbouers en so aan. Wat dink jy het hulle die vrymoedigheid gegee om die goeie nuus van Jesus se genade aan almal te verkondig? 


Bid: Baie dankie, Vader, vir die geskenk van die ewige lewe saam met U, deur Jesus se genade! Dis die beste nuus ooit. Help my om te onthou dat U altyd net 'n gebed ver is. Ek hoef nie volmaak te wees om naby U te kom nie. Die genade van Jesus bedek my. Baie dankie! In die Naam van Jesus. Amen. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

What Is Easter All About?

Eens op 'n tyd het 'n man sy eie dood voorspel. Hy het ook voorspel dat Hy net vir drie dae dood sou wees en dit was so! Jesus se dood en opstanding is die merkwaardige waarhede van die Paasverhaal. Christene vier nog st...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid