Leesplan inligting

Waaroor gaan Paasfees?Voorbeeld

What Is Easter All About?

DAG 2 VAN 6

Dinge Het Sleg Begin Gaan


In vandag se skriflesing uit Genesis, sal jy leer dat die eerste mense Adam en Eva genoem is. God het vir hulle 'n wonderlike wêreld vol vryhede gegee, maar ook een ding wat hulle nie mag doen nie. Hoekom het Hy dit gedoen? Die rede was dat hulle van God af kon wegloop indien hulle dit sou verkies. Hy het ook vir hulle gesê wat die gevolg sou wees as hulle sou kies om weg te loop: die dood. Hoekom? God is lewe en buiten Hom is daar geen lewe te vinde nie. Dis maar net soos dit is. 


Nou hoekom het God die mens geskape om 'n keuse te kan maak — selfs al het dit beteken dat ons die verkeerde, eerder as die regte keuse kon maak? 


God het vir ons 'n keuse gegee, want dit is wat liefde doen. Liefde forseer niemand nie. God is liefde. Jakobus sê dat alles wat goed is van Hom af kom. Hy het ons geskape om vir ewig in 'n pragtige vriendskap met Hom te wees — as ons dit wil hê. Ons het egter alles verbrou. 


Vooruitskouing: Adam en Eva het gekies om te doen wat hulle gevra is om nie te doen nie. Hulle het vir die eerste keer ooit, skaam gevoel toe dit gebeur het. God wou hulle daardie ervaring spaar, maar dis wat sonde doen. Dit bring die dood oor ons vreugde en vryheid. Dit bring die dood in ons verhouding met God. Dit maak seer. Dit kos ons alles. Dis die oorsaak van seerkry op ons planeet, vir mekaar en onsself. Dis ons eie sonde, ons weiering om die regte ding te doen, wat dood in die wêreld gebring het. 


Vandag gaan Jason 'n bietjie meer van die verhaal vertel. Hy sal verduidelik hoe dit voel om geskei te wees van iets waarvoor jy lief is. 



Arme klein sesjarige Jason het sy eerste ervaring gehad van die verlies wat deur die dood veroorsaak word. Het jy al iemand na aan jou verloor? Dit verander jou lewe as jy daardeur gegaan het. God hou niks daarvan nie. Hy het hierdie mooi aarde vir mense gemaak om dit met Hom te deel. 


God het gesien dat ons sy plan verdraai het, soveel so dat ons dit nie weer kon regmaak nie. Hy het die woord aan sy profete begin bekendmaak dat Hy iemand sou stuur om alles reg te maak. Ons kom nou al hoe nader aan Paasfees! Jy sal môre meer daaroor lees. 


Vra jouself af: As ek 'n robot sou maak en programmeer om "ja" te sê elke keer as ek vra of dit vir my lief is, beteken dit dat hy regtig lief is vir my? Wat is party verskille tussen my en 'n robot? 


Bid: Baie dankie, Vader, dat U my toelaat om te kies om U lief te hê. Dankie dat U so baie vir ons omgee, dat U ons nie dwing om U lief te hê nie — al behoort ons U lief te hê! Dis vir my moeilik om daardie soort liefde te verstaan. Help my om elke dag van my lewe al hoe meer van U en u liefde te verstaan. In die Naam van Jesus. Amen.


  


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

What Is Easter All About?

Eens op 'n tyd het 'n man sy eie dood voorspel. Hy het ook voorspel dat Hy net vir drie dae dood sou wees en dit was so! Jesus se dood en opstanding is die merkwaardige waarhede van die Paasverhaal. Christene vier nog st...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid