PSALMS 125

125
Die Here beskerm sy volk
1'n Pelgrimslied.
Dié wat op die Here vertrou,
is soos Sionsberg
wat nie wankel nie
en altyd vas bly staan.
2Soos die berge Jerusalem aan alle kante beskerm,
so beskerm die Here sy volk,
nou en vir altyd.
3Oor die grondgebied van die regverdiges
sal 'n goddelose nie die mag kry nie,
sodat die regverdiges nie in misdaad verval nie.
4Here, doen goed aan dié wat goed is,
die opregtes van hart!
5Maar dié wat die verkeerde pad loop,
mag die Here hulle vernietig
saam met dié wat onreg doen.
Mag daar vir Israel vrede wees!

Okuqokiwe okwamanje:

PSALMS 125: AFR83

Qhakambisa

Kopisha

Qhathanisa

Dlulisela

None

Ufuna ukuthi okuvelele kwakho kugcinwe kuwo wonke amadivayisi akho? Bhalisa noma ngena ngemvume