1
LUKAS 14:26
Nuwe Lewende Vertaling
NLV
“As iemand na My toe kom, moet jy My liewer hê as jou eie pa en ma, vrou en kinders, broers en susters, en ook jou eie lewe gering ag. Anders kan jy nie my dissipel wees nie.
對照
探尋 LUKAS 14:26
2
LUKAS 14:27
En jy kan nie my dissipel wees as jy nie jou eie kruis dra en My volg nie.
探尋 LUKAS 14:27
3
LUKAS 14:11
want die hoogmoediges sal verneder word, maar die nederiges sal vereer word.”
探尋 LUKAS 14:11
4
LUKAS 14:33
Só kan niemand my dissipel word sonder om alles vir My prys te gee nie.
探尋 LUKAS 14:33
5
LUKAS 14:28-30
“Moenie eers begin voordat jy die koste bereken het nie. Want wie sal met die oprigting van ’n gebou begin sonder om eers kwotasies te kry en te sien of daar genoeg geld is om die rekeninge te betaal? Anders kan jy dalk net die fondament voltooi voordat die geld opraak. En dan sal almal mos vir jou lag! Dan sal hulle sê: ‘Daardie kêrel het mooi begin bou, maar sy geld was op nog lank voordat hy klaar was.’
探尋 LUKAS 14:28-30
6
LUKAS 14:13-14
Nooi liewer die armes, kreupeles, verlamdes en blindes. Jy sal geseënd wees, want by die opstanding van die godvresendes sal God jou beloon omdat jy hulle wat jou nie kon beloon nie, genooi het.”
探尋 LUKAS 14:13-14
7
LUKAS 14:34-35
“Sout is goed om smaak te gee. Maar as dit sy smaak verloor het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Smaaklose sout is selfs nie goed vir die grond of vir bemesting nie. Dit word weggegooi. Enigeen wat gewillig is om te hoor, moet luister en verstaan!”
探尋 LUKAS 14:34-35
首頁
聖經
計畫
視訊