Psalms 36

36
1Aan Dawid: Van die hoof van die koor
2Slegte mense se lewe word deur slegte dade regeer. Hulle steur hulle nie aan God nie.
3Hulle dink baie van hulleself, en praat heeltyd oor hoe goed hulle is. Hulle floreer om kwaad te doen en mense te haat.
4Lelike woorde gly oor hulle lippe; hulle het g’n idee hoe om goed te doen aan ander nie. Hulle weet nie wat dit is om slim genoeg te wees om ander mense goed te behandel nie.
5Snags lê hulle wakker om slegte dinge uit te dink.
Hulle loop op ’n pad wat nie goed is nie. Hulle hou van die slegte.
Sonde is hulle kos: heeldag, elke dag.
6Here, U is baie lief vir ons, niemand op aarde kan dit ooit meet nie.
Here, U is so goed vir ons, niemand het genoeg woorde om dit te beskryf nie.
7Here, U tree altyd regverdig op.
Here, wanneer U praat, is dit altyd regverdig teenoor ons as mense.
U hou alles wat leef styf in u hand vas. Elke mens, elke dier leef uit u goedheid.
8God, niemand kan sonder u goedheid leef nie.
U pas almal op wat by U kom wegkruip.
9U liefde vloei soos ’n rivier oor ons hele lewe.
U gee vir ons meer as wat ons nodig het.
U is baie goed vir ons.
10U is ons lewe. U is die lig wat ons lewenspad verlig.
11God, U moet asseblief nooit ophou om lief te wees vir al u kinders nie, dié mense wat U as God erken en reg voor U lewe.
12Keer dat hoogmoedige mense my rondstamp.
Keer dat sondaars my uit u hand ruk.
13Slegte mense kom altyd sleg daarvan af by U;
op die ou end bly daar niks van hulle oor nie. Hulle bly lê.

Seçili Olanlar:

Psalms 36: DB

Vurgu

Paylaş

Kopyala

None

Önemli anlarınızın tüm cihazlarınıza kaydedilmesini mi istiyorsunuz? Kayıt olun ya da giriş yapın

YouVersion, deneyiminizi kişiselleştirmek için tanımlama bilgileri kullanır. Web sitemizi kullanarak, Gizlilik Politikamızda açıklandığı şekilde çerez kullanımımızı kabul etmiş olursunuz