Psalms 15

15
Van Dawid
1Here, watter mens mag voor U kom staan?
Wie mag in u huis instap, daar waar U spesiaal teenwoordig is?
2Iemand wat so optree dat U heeltemal tevrede is met wat hy doen, mag daar kom; ja, hy wat reg doen, wat U wil hê. So iemand praat altyd die waarheid.
3Hy skinder nie en praat nie sleg oor ander nie, en steek ook nie sy vriend in die rug nie.
Dit is iemand wat nie dinge sê wat iemand anders seermaak nie.
4Hy hou ook nie van mense van wie God nie hou nie.
Maar God se vriende is ook sy vriende; van hulle hou hy.
Hy hou sy woord, al kos dit hom soms duur.
5Hy leen nie sy geld teen rente uit nie.
Hy laat hom ook nie omkoop om verkeerde dinge te doen
en onskuldiges te benadeel nie.
Wie hierdie dinge doen, sal altyd vas bly staan.

Seçili Olanlar:

Psalms 15: DB

Vurgu

Paylaş

Kopyala

None

Önemli anlarınızın tüm cihazlarınıza kaydedilmesini mi istiyorsunuz? Kayıt olun ya da giriş yapın

YouVersion, deneyiminizi kişiselleştirmek için tanımlama bilgileri kullanır. Web sitemizi kullanarak, Gizlilik Politikamızda açıklandığı şekilde çerez kullanımımızı kabul etmiş olursunuz