PSALMS 150
150
Laat alles wat asemhaal, die Here prys
1Prys die Here!
Prys God in sy heiligdom,
prys Hom hier onder sy magtige hemelgewelf!
2Prys Hom oor sy kragtige dade,
prys Hom in sy magtige grootheid!
3Prys Hom met die ramshoring,
prys Hom met harp en lier!
4Prys Hom met tamboeryn en koordanse,
prys Hom met snaarinstrumente en fluite!
5Prys Hom met simbale,
prys Hom met galmende simbale!
6Laat alles wat asemhaal, die Here prys!
Prys die Here!
Айни замон обунашуда:
PSALMS 150: AFR83
Лаҳзаҳои махсус
Паҳн кунед
Муқоиса
Нусха
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.