Kolossense 4
4
1Meesters, hanteer julle slawe met gelykheid en regverdigheid omdat julle weet dat julle ook ’n Meester in die hemel het.
2Hou voortdurend aan in gebed, wees waaksaam daarin en gee dank.
3Bid terselfdertyd ook vir ons dat God vir ons die deur van die boodskap sal oopmaak om die geheime van Die Gesalfde Een, vir Wie ek ook in boeie is, te verkondig
4en ek dit openbaar kan maak en praat op die manier waarop dit vir my nodig is.
5Leef in wysheid teenoor die wat buite is en koop julle geleenthede uit.
6Laat julle boodskap altyd met guns wees, met sout voorberei en wees bewus daarvan hoe dit toepaslik is om elkeen te antwoord. Lev 2:13; Num 18:19; Mar 9:49,50
7Al my omstandighede sal Tugikos, die broer vir wie ons lief is, vertrouenswaardige bedienaar en medeslaaf in יהוה, aan julle vertel.
8Ek het hom hiervoor na julle toe gestuur, om julle omstandighede te ken en om julle verstand, wil en emosie te versterk en te vertroos,
9saam met Onesimos, die vertrouenswaardige broer vir wie ons lief is en wat vanuit julle is en julle alles sal vertel wat met ons gebeur het.
10Aristargos, my medegevangene, stuur vrede vir julle en Markos, die seun van die oom van Bar-Nabba, aangaande wie julle opdragte gekry het, as hy by julle kom, ontvang hom;
11ook Y’hoshua wat Youstos genoem word, manne wat uit die besnydenis is. Hulle alleen is my medewerkers vir die Koninkryk van God en hulle was ’n versterking vir my.
12Epafras, wat een van julle is en wat altyd hard stry vir julle in gebed sodat julle volmaak en perfek mag staan in die volkome wil van God, ’n slaaf van Die Gesalfde Een, stuur vrede vir julle,
13want ek getuig van hom dat hy ’n groot ywer het vir julle en vir dié wat in Laodikeia en die wat in Hierapolis is.
14Luka, die dokter, vir wie ons lief is en Demas stuur vrede vir julle.
15Stuur vrede vir die broers in Laodikeia, vir Numfas en die gemeente wat in sy huis is
16en wanneer hierdie brief by julle gelees is, sorg dat dit ook in die gemeente van Laodikeia gelees word en dat julle ook dié wat uit Laodikeia geskryf is, lees.
17Sê vir Argippos: “Onthou die bediening wat jy ontvang het in ons Meester sodat jy dit sal voltooi.”
18Hierdie groete is in my eie, wat Sha’ul is, se hand. Onthou my gevangenskap. Die onverdiende guns bly by julle! Dit is waar!</book>
Zvasarudzwa nguva ino
Kolossense 4: SPC
Sarudza vhesi
Sarudza zvinyorwa izvi
Yenzanisa
Pakurirana nevamwe
Unoda kuti zviratidziro zvako zvichengetedzwe pamidziyo yako yose? Nyoresa kana kuti pinda
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.