1
MATTHÉÜS 25:40
Afrikaans 1933/1953
AFR53
En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.
Yenzanisa
Ongorora {{vhesi}}
2
MATTHÉÜS 25:21
En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.
3
MATTHÉÜS 25:29
want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.
4
MATTHÉÜS 25:13
Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.
5
MATTHÉÜS 25:35
Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My herberg gegee
6
MATTHÉÜS 25:23
Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.
7
MATTHÉÜS 25:36
Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.