1
Filippense 1:6
PWL in Standaard Protestantse Canon
SPC
omdat ek vertrou aangaande dit, dat Hy wat ’n goeie werk in julle begin het, dit sal vervolmaak tot op die dag van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een.
Yenzanisa
Ongorora {{vhesi}}
2
Filippense 1:9-10
Dit bid ek: dat julle liefde mag vermeerder en dat julle meer oorvloedig mag word in kennis en in alle Geestelike insig, om die dinge te kan onderskei wat paslik is en julle rein, sonder aanklag, mag wees op die dag van Die Gesalfde Een
3
Filippense 1:21
want my lewe ís Die Gesalfde Een en as ek sterf is dit tot my voordeel.
4
Filippense 1:3
Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink.
5
Filippense 1:27
Wees gelei soos dit die goeie boodskap van Die Gesalfde Een pas sodat, of ek kom en julle sien en of ek afwesig is en van julle omstandighede hoor, dat julle in een gees en in een denke, wil en emosie staan en julle algemeen bekend is as één in die vertroue van die goeie boodskap
6
Filippense 1:20
net soos ek ’n versekerde verwagting en afwagting het om in niks beskaam te word nie, maar dat Die Gesalfde Een, soos altyd, so ook nou, met vrymoedige openheid groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is
7
Filippense 1:29
Dit word vanaf God vir julle gegee sodat julle deur vertroue nie net in Hom, Die Gesalfde Een, vertrou nie, maar ook vir Hom sal ly