1
Mattityahu 25:40
PWL in Standaard Protestantse Canon
SPC
Die Koning sal antwoord en vir hulle sê: ‘Dit is waar, Ek sê vir julle, in die mate waarin julle dit gedoen het vir een van die onbelangrikste van hierdie broers van My, het julle dit vir My gedoen.’
Yenzanisa
Ongorora {{vhesi}}
2
Mattityahu 25:21
en sy meester sê vir hom: ‘Goed so, goeie en betroubare slaaf, oor ’n bietjie was jy betroubaar, oor baie sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou meester.’
3
Mattityahu 25:29
want aan elkeen wat het, sal gegee word en dit sal vir hom vermenigvuldig word, maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word, ook wat hy het
4
Mattityahu 25:13
Word dan wakker omdat julle die dag en die uur nie weet nie.
5
Mattityahu 25:35
want Ek het honger gehad en julle het vir My kos gegee; Ek het dors gehad en julle het vir My te drinke gegee; Ek was ’n vreemdeling en julle het My ontvang
6
Mattityahu 25:23
Sy meester sê vir hom: ‘Goed so, goeie en betroubare slaaf, oor ’n bietjie was jy betroubaar, oor baie sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou meester.’
7
Mattityahu 25:36
Ek was kaal en julle het My aangetrek; Ek was siek en julle het My versorg; Ek was in die tronk en julle het My besoek.’