Die profeet Jeremia het gehoor die Here praat met hom oor die Filistyne. Dit was voordat die farao die stad Gasa oorwin het.
Die Here het gesê:
“Die vyande kom uit die noorde,
hulle kom soos baie water,
hulle vloei soos 'n groot rivier,
hulle vloei oor die land en oor
alles in die land,
oor die stede en oor almal
wat in die stede woon.
Die mense skree en vra
iemand moet hulle help.
Almal wat in die land woon, huil