Aan Die Voete Van Die VaderExemplo

Ons geestelike woonplek
Die vraag is nou: Hoe lank duur hierdie toegang, afspraak, oudiënsie? In aardse konteks is daar immers ’n beperkte tydsduur wanneer jy tot ’n belangrike persoon toegang verkry het. In die grondtaal staan hierdie woorde in die sogenaamde perfektum tyd. Dit beteken dit is ’n onbepaalde tyd. Dit het êrens in die verlede begin, maar dit hou onbepaald aan. Dit spreek van permanensie! Dit beteken dat “hierdie heerlike posisie van genade”, God se troonkamer, nou as’t ware ons geestelike lewensfeer en -ruimte geword het!
Nou maak Efesiërs 2:4-6 ook skielik meer sin: “God se ontferming is oorvloedig. Die liefde waarmee Hy ons liefgehad het, was so groot dat toe ons verkeerde lewe ons geestelike dood veroorsaak het, Hy ons saam met Christus lewend gemaak het. Dis dus God se genade wat maak dat julle verlos is! Omdat ons aan Christus Jesus verbind is, het God ons saam met Hom opgewek en saam met Hom ’n sitplek in die hemel gegee.”
Dít is ons werklike geestelike stand waaraan ons onsself voortdurend moet herinner. Satan wil ons egter in die duister hou oor ons ware posisie in Christus. Hy wil hê ons moet gedurig met skuldgevoelens en onvrymoedigheid lewe búite “hierdie heerlike posisie van genade” soos een wat nié die guns van God geniet nie.
Het jy Jesus aangeneem as Verlosser? Dan kan jy jou posisie in Hom met vrymoedigheid in die troonkamer van God inneem!
O Vader, ek dank U dat U deur Jesus Christus vir my toeganklik geword het! Amen.
As Escrituras
Sobre este Plano

Deur Jesus het alles vir ons ten opsigte van God verander. Ons het vrede met Hom en ons het toegang gekry tot sy troon van genade. In Christus is ons nie in ’n hofsaal-situasie voor God nie, maar in sy troonkamer. Jesus het jou in hierdie heerlike genadeposisie gebring – en daaruit kan jy léwe. Hierdie 10 oordenkings is saamgestel uit AAN DIE VOETE VAN DIE VADER deur Isak Burger.
More
Planos Relacionados

Herança Dos Filhos

Primeiros Passos na Jornada com Jesus

O Medo Quer Me Parar

07 DIAS PARA OUVIR SEU CHAMADO

Subindo o Monte: Do Rosto de Moisés ao Rosto de Cristo

Meu Barco | Devocional Com 3 Palavrinhas

Ao Senhor Agradecemos | Devocional Com 3 Palavrinhas

Vida Intencional: Vida "De Propósito"

O Sabão | Devocional Com 3 Palavrinhas
