1
MATTHÉÜS 7:7
Afrikaans 1933/1953
AFR53
Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
Comparar
Explorar MATTHÉÜS 7:7
2
MATTHÉÜS 7:8
Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
Explorar MATTHÉÜS 7:8
3
MATTHÉÜS 7:24
Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
Explorar MATTHÉÜS 7:24
4
MATTHÉÜS 7:12
Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.
Explorar MATTHÉÜS 7:12
5
MATTHÉÜS 7:14
Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
Explorar MATTHÉÜS 7:14
6
MATTHÉÜS 7:13
Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.
Explorar MATTHÉÜS 7:13
7
MATTHÉÜS 7:11
As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!
Explorar MATTHÉÜS 7:11
8
MATTHÉÜS 7:1-2
MOENIE oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
Explorar MATTHÉÜS 7:1-2
9
MATTHÉÜS 7:26
En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met 'n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.
Explorar MATTHÉÜS 7:26
10
MATTHÉÜS 7:3-4
En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!
Explorar MATTHÉÜS 7:3-4
11
MATTHÉÜS 7:15-16
Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!
Explorar MATTHÉÜS 7:15-16
12
MATTHÉÜS 7:17
So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte.
Explorar MATTHÉÜS 7:17
13
MATTHÉÜS 7:18
'n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.
Explorar MATTHÉÜS 7:18
14
MATTHÉÜS 7:19
Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
Explorar MATTHÉÜS 7:19