My Allerbeste Vir Sy Hoogsteਨਮੂਨਾ

GOD SE STILSWYE – WAT NOU?
Het God jou met sy stilswye vertrou, ’n stilswye wat groot betekenis het? God se swye is in werklikheid sy antwoord. Dink aan daardie dae van absolute stilte in die huis in Betanië! Is daar enigiets in jou lewe wat daarmee vergelyk kan word? Kan God jou so vertrou of vra jy steeds van Hom ’n sigbare antwoord? God sal vir jou die seëning gee wat jy vra indien jy weier om verder daarsonder voort te gaan, maar sy stilswye is die bewys dat Hy jou by die plek gaan bring waar jy ’n wonderliker begrip van Hom gaan hê.
Treur jy voor God omdat jy nie ’n hoorbare reaksie ontvang het nie? Wanneer jy God nie kan hoor nie, sal jy vind dat Hy jou op die mees intieme manier denkbaar vertrou het: met absolute stilswye; nie die stilswye van wanhoop nie, maar van vreugde, want Hy sien dat jy gereed is om selfs ’n groter openbaring te hanteer. As God jou stilswye gegee het, prys Hom; Hy is besig om jou in die hoofstroom van sy bedoeling in te bring. Die eintlike bewys van die antwoord wat mettertyd sal kom, is ’n saak van God se soewereiniteit. Tyd is nie vir God ’n probleem nie. Miskien het jy vir ’n tyd gesê: “Ek het vir God gevra om vir my brood te gee, maar Hy het in plaas daarvan vir my ’n klip gegee” (vgl. Matt. 7:9). Hy het beslis nie vir jou ’n klip gegee nie en vandag vind jy uit dat Hy jou die “brood van die lewe” gegee het (vgl. Joh. 6:35).
’n Wonderlike ding omtrent God se stilswye is dat sy stilte aansteeklik is, dit word ’n deel van jou en laat jou met volkome vertroue en eerlikheid sê: “Ek weet dat God my gehoor het.” Sy stilswye is die bewys dat Hy gehoor het. Solank as wat jy die idee het dat God jou altyd sal seën in antwoord op gebed, sal Hy dit doen, maar Hy sal nooit vir jou die genade van sy stilswye gee nie. As Jesus besig is om jou te leer dat die doel van gebed is om die Vader te verheerlik, sal Hy jou die eerste teken van sy intimiteit gee: stilte.
ਪਵਿੱਤਰ ਸ਼ਾਸਤਰ
About this Plan

Ons sê ons vertou op God, maar daar is tog soveel om ons oor te bekommer! Oswald Chambers deel ’n ander perspektief met ons: “Dink daaraan hoe onnodig en oneerbiedig dit is dat jy jou bekommer.” Sjoe! Oswald moedig jou aan om te onthou God weet wat Hy doen. Kweek vandag ’n gesindheid van diepe afhanklikheid en vertroue op God. Hierdie leesplan is saamgestel uit MY ALLERBESTE VIR SY HOOGSTE.
More
Related Plans

What Now?

The Widow's & Widower's Walk

Building a Strong Godly Life
![[Great Verses] Jesus, the Son Made Man](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F26690%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
[Great Verses] Jesus, the Son Made Man

Go Into All the World

The Cultivation of Consistency

Cherished & Chosen: A 7-Day Challenge for Single Women

Thy Kingdom Come - Prayer Journal

The Boom Squad: Young Hero Training
