YouVersion လိုဂို
ရွာရန္ အိုင္ကြန္

10 Kernwaarhede Van Dissipelskapနမူနာ

10 Kernwaarhede Van Dissipelskap

10 ၏ ေန႔ 2

Kernwaarheid 2 - Ek kan niks aan my VERLEDE doen nie, maar wel aan my toekoms

Elkeen van ons het dinge in ons verlede waarop ons nie trots is nie. Dinge wat jy gedoen het, en keuses wat jy gemaak het. Dalk weet niemand behalwe jy self daarvan nie, of miskien het jou aksies so 'n groot strook van verwoesting in jou en ander se lewens gelaat dat niemand dit kon miskyk nie ...

Een waarheid wat ek en jy moet besef is dat gister verby is. Ons kan niks daaraan verander nie. Die verlede is die verlede. Wat egter so besonders is, is dat ons verlede ons glad nie diskwalifiseer van 'n verhouding met God nie. Inteendeel, Jesus sê Hy het juis gekom vir die wat die pad byster geraak het! Hy spesialiseer in tweede kanse! Die lewens van onder andere Petrus, Paulus, Matteus en Saggeus, asook talle ander gelowiges se lewens deur die eeue getuig daarvan!

Die belangrike vraag wat jy jouself moet afvra, is hoe gaan jou môre en die dag daarna lyk? Waarop is jou fokus geplaas? Wat is dit wat jy najaag? Om dit voluit te kan doen is dit belangrik dat ons ook soos Paulus ons sal losmaak van dit wat agter ons is, en ons uitstrek na dit wat voor ons is: God se planne en drome vir ons lewe!

Kies vandag om dinge op God se manier te doen. Vat sy beginsels, en maak dit jou lewensraamwerk. Die Bybel belowe dat Hy alles ten goede sal laat meewerk vir hulle wat Hom liefhet. Vertrou Hom om dit vir jou ook te doen. Jou toekoms is in sy hande!

VRAE VIR REFLEKSIE:

- Wat het jy vandag geleer?

- Hoe gaan jy dit prakties in jou lewe toepas?

ေန႔ 1ေန႔ 3