1 Korinthiërs 8
8
1Aangaande die offers wat aan afgode geoffer word, weet ons dat ons almal kennis het. Die kennis blaas op, maar die liefde bou op.
2As iemand dink dat hy enige iets ken, ken hy nog niks soos ’n mens dit behoort te ken nie,
3maar as iemand God lief het, dié word deur Hom geken;
4daarom, wat kos betref wat aan afgode geoffer is, weet ons dat ’n afgod niks in die wêreld is nie en dat daar geen ander God is nie, behalwe een, Deut 6:4; Yir 16:13
5want al is daar ook sogenaamde “gode,” of dit in die hemel en of dit op die aarde is, sodat daar dan ook baie “gode” en baie “meesters” is,
6is daar vir ons een God-die-Vader, vanuit Wie alles is en ons is in Hom; een Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, want alles is in Sy hand en ook ons is in Sy hand. Yog 10:30; Yog 17:21; Rom 14:9
7Nie almal het dié kennis nie. Meer nog, sommige wat nou nog bewus is van die afgod, eet dit as ’n afgodsoffer en hulle gewete, wat swak is, word besoedel,
8maar kos bring ons nie nader aan God nie, want as ons eet, baat ons niks nie en as ons nie eet nie, verloor ons niks nie.
9Wees versigtig dat hierdie sterkte van julle nie miskien ’n struikelblok word vir die wat swak is nie,
10want as iemand jou wat kennis het, aan tafel sien in ’n afgodstempel, sal sy gewete, as hy ’n swak man is, nie aangemoedig word om van die kos wat aan die afgode geoffer is te eet nie?
11Moet die swak broer vir wie Die Gesalfde Een gesterf het, vernietig word deur jou kennis?
12As jy op dié manier jou broers onderdruk en op hulle gewete wat swak is trap, sondig julle teen Die Gesalfde Een.
13As kos dus my broer laat struikel, sal ek vir ewig geen vleis eet nie, om nie sonde na my broer toe te bring nie.
လက္ရွိေရြးခ်ယ္ထားမွု
1 Korinthiërs 8: SPC
အေရာင္မွတ္ခ်က္
မၽွေဝရန္
ကူးယူ
မိမိစက္ကိရိယာအားလုံးတြင္ မိမိအေရာင္ခ်ယ္ေသာအရာမ်ားကို သိမ္းဆည္းထားလိုပါသလား။ စာရင္းသြင္းပါ (သို႔) အေကာင့္ဝင္လိုက္ပါ
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.