Toe die vrou sien dat dit nie Sy aandag ontsnap het nie, kom sy bang en val in eerbetoning voor Hom neer en maak bekend voor al die mense waarom sy aan Hom geraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het.
Yeshua sê vir haar: “Wees bemoedig, My dogter, jou vertroue het vir jou lewe gegee. Gaan in vrede, vreugde, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid.”