YouVersion लोगो
सर्च आयकॉन

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandagनमुना

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

44 पैकी 20 दिवस

Lees: Handelinge 13:1–12

SOAP: Handelinge 13:1–3

Die kerk in Antiogië het aanhou groei. Baie prominente mense in die stad was gelowiges en het die evangelie versprei. Saulus, voorheen ‘n Fariseër en ‘n prominente leier onder die Jode, was nou ‘n gelowige. Saulus het die kerk vervolg, maar Jesus het hom gestop, en hy het ‘n getroue volgeling van Christus geword (in die verse van vandag word daar na Saulus verwys as Paulus).

Toe Saulus die kerk vervolg het, sou niemand kon raai dat hy uiteindelik ‘n prominente leier in die kerk sou wees nie, wat baie gelowiges sou lei, die evangelie in verre streke sou verkondig en briewe sou skryf aan baie kerke; briewe wat vandag in ons Bybels opgeneem is. 

Saulus is deur die Here gekies om sy kerk te lei. Al was sy verlede vol eiegeregtigheid (Filippense 3:4-5), het God steeds gekies om hom te gebruik. Alhoewel hy onversetlik was teen die verspreiding van die evangelie en die groeiende kerk aktief vervolg het (Handelinge 8-9; Filippense 3:6), het God hom tot ‘n spesifieke werk geroep.

Ongeag ons verlede, ons opvoeding of ons situasie, kies God om ons te gebruik. Hy gebruik jou vandag ongetwyfeld om sy evangelie te versprei en die goeie nuus van Jesus Christus met diegene rondom jou te deel.

Here Jesus, dankie vir die voorbeeld van hoe U vir Saulus gebruik het om die evangelie te versprei en 'n impak op die kerk te hê. Help my om te glo dat U my vir 'n spesifieke doel gekies en geroep het. Help my om u evangelie en u waarheid met dapperheid en vertroue te versprei en om te glo wat U oor my sê. Amen.

पवित्र शास्त्र

दिवस 19दिवस 21