10 Kernwaarhede Van Dissipelskap보기

Kernwaarheid 1: Ek is 'n NUWE SKEPSEL in Christus
Die eerste kernwaarheid van dissipelskap waarna ons na gaan kyk, handel oor ons nuwe identiteit in Christus vir elkeen wat tot geloof in Jesus gekom het. Elkeen wat in Christus is, is nuutgemaak — 'n nuwe skepsel!
Daar het iets IN ons gebeur, iets MET ons gebeur, sodat daar iets DEUR ons kan gebeur!
- IN ons: Ons is geestelik lewend gemaak.
- MET ons: Ons posisie het verander. (ons gaan nou kyk wat dit behels).
Sodat iets DEUR ons kan gebeur: Dat ons sy hande en voete in 'n stukkende wêreld kan wees!
Ons is nie meer slawe van sonde nie, maar Hy het ons kinders van God kom maak. Ons identiteit het verander! Hierdie is ‘n belangrike konsep om te verstaan in ons verhouding met God, want dit bring nie net vrede nie, maar bied ook die raamwerk vanwaar ons lewe. In Christus is ons geheilig, geregtig verklaar, aangeneem as kinders van God, en is mede-erfgename saam met Hom! Omdat Hy ons nuutgemaak het, word ons geroep om heilig te leef. Dis wat Hy ons maak.
Kom ek verduidelik dit so: Die dag toe ek en my vrou getrou het, het haar identiteit verander. Sy het haar nooiensvan afgelê, en my van aangeneem. Haar ou identiteit het tot niet gegaan, sy was nie meer daardie persoon nie. As bewys daarvan het sy 'n nuwe ID dokument gekry met haar nuwe van op. Besef jy dat dit dieselfde is wat met ons gebeur het? Deur ons verbintenis met Christus het ons posisie en identiteit verander. Ons is een met Hom. Daarom lewe ons nie vir oorwinning nie, maar vanuit oorwinning.
Is dit jou raamwerk?
VRAE VIR REFLEKSIE:
- Wat het jy vandag geleer?
- Hoe gaan jy dit prakties in jou lewe toepas?
묵상 소개

'n Lewe van oorwinning, is dit moontlik? Ja dit is! Die Woord sê dat ons in Christus meer as oorwinnaars is! Om vanuit hierdie oorwinning te leef is dit belangrik dat ek en jy sekere waarhede oor Jesus en sy afgehandelde werk in ons lewens vasmaak. Kom ontdek in die volgende 10 dae 10 kernwaarhede van dissipelskap wat jou sal help om in hierdie raamwerk te anker .
More
관련 묵상 계획

Sola Scriptura : 공동체 성경 읽기 무브먼트 6월

Sola Scriptura : 공동체 성경 읽기 무브먼트 4월

Love God Greatly 예수 안에 거하는 삶 (다음 세대용)

Sola Scriptura : 공동체 성경 읽기 무브먼트 5월

예수님 알아가기: 예수님은 어떤 분이셨나요?

예수님 알아가기: 예수님은 우리에게 무엇을 주실까요?

Love God Greatly 예수 안에 거하는 삶

에베소서 - 그리스도 안에서 안전함 (다음세대용)

Sola Scriptura : 공동체 성경 읽기 무브먼트 8월
