Esra/Nehemia/Ester: Oorkom Vrees en Ontmoediging ნიმუში

Hoe oorkom jy vrees en ontmoediging? Ons sal vandeesweek leer wat Nehemia gedoen het toe hy met soortgelyke gevoelens gekonfronteer was.
Hierdie leesplan is aangepas uit die vierde week van ons Nuwe Induktiewe Studiereeks.
Esra en Nehemia was oorspronklik een boek. Gedeeltes uit elkeen van hulle is vertellings in die eerste persoon, wat daarop dui dat hulle deur Esra en Nehemia onderskeidelik geskryf is en later deur ’n redakteur in boekvorm saamgestel is. Baie mense glo dat die redakteur Esra self was.
Nehemia, ’n tydgenoot van Esra, het slegs 13 jaar later na Jerusalem gekom. Vandag moet jy jou opnuut van die historiese agtergrond vergewis deur hoofstuk 1 en 2 van Nehemia te lees.
(Jy kan gebruik maak van die nota-funksie in die Bybeltoep, deur op ‘n teksvers te klik of jy kan al jou aantekeninge in ‘n notaboek maak.)
Maak ‘n nota oop en skryf neer wat jy leer oor die persoon Nehemia.
წმიდა წერილი
About this Plan

Hierdie in-diepte studie van die Ou Testamentiese boeke van Esra, Nehemia en Ester, vertel die lewensverhale van gewone manne en vroue wat oorweldigende omstandighede, gelaai met vrees en ontmoedigings, getrotseer het. Tog het hulle oorwin. Jy kan ook! Kom ons kyk na Nehemia en hoe hy ontmoediging oorkom het.
More
Related Plans

Keys to Answered Prayer

When God Doesn’t Fix It (And Other Honest Prayers)

Fighters

Scripture-Based Prayers for Spiritual Warfare

You Will Make It Through 10 Day Devotional

A Teen's Guide To: Conquering Fear

Silence. Surrender. Speak.

Spiritual Strongholds

Face Your Fears 10 Day Devotional
