1
JAKOBUS 4:7
Afrikaans 1983
AFR83
Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug.
Bera saman
Njòttu JAKOBUS 4:7
2
JAKOBUS 4:8
Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars.
Njòttu JAKOBUS 4:8
3
JAKOBUS 4:10
Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.
Njòttu JAKOBUS 4:10
4
JAKOBUS 4:6
Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.”
Njòttu JAKOBUS 4:6
5
JAKOBUS 4:17
As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde.
Njòttu JAKOBUS 4:17
6
JAKOBUS 4:3
As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig.
Njòttu JAKOBUS 4:3
7
JAKOBUS 4:4
Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is.
Njòttu JAKOBUS 4:4
8
JAKOBUS 4:14
Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn.
Njòttu JAKOBUS 4:14
Heim
Biblía
Áætlanir
Myndbönd