1
Matteus 19:26
Die Bybel 2020-vertaling
AFR20
Maar Jesus het stip na hulle gekyk en vir hulle gesê: “By mense is dit onmoontlik, maar by God is alles moontlik. ”
Lee anya n'etiti ihe abụọ
Nyochaa Matteus 19:26
2
Matteus 19:6
sodat hulle nie meer twee is nie, maar een liggaam. Daarom, wat God saamgevoeg het, moet 'n mens nie skei nie.”
Nyochaa Matteus 19:6
3
Matteus 19:4-5
Hy antwoord: “Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af manlik en vroulik gemaak het nie? ” Verder sê Hy: “ ‘Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en aan sy vrou verbind word, en die twee sal een liggaam wees,’
Nyochaa Matteus 19:4-5
4
Matteus 19:14
Jesus het egter gesê: “Laat die kindertjies begaan, en moet hulle nie langer verhinder om na My te kom nie, want die •koninkryk van die hemele behoort aan mense soos hulle.”
Nyochaa Matteus 19:14
5
Matteus 19:30
Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.”
Nyochaa Matteus 19:30
6
Matteus 19:29
En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of kinders of grond agterlaat ter wille van my Naam, sal honderd maal soveel ontvang, en die ewige lewe erf.
Nyochaa Matteus 19:29
7
Matteus 19:21
Jesus het vir hom gesê: “As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee dit vir die armes, en jy sal 'n skat in die hemele hê. En jy, kom hier, volg My.”
Nyochaa Matteus 19:21
8
Matteus 19:17
Hy het hom geantwoord: “Hoekom vra jy My uit oor wat goed is? Daar is net Een wat goed is. As jy die lewe wil binnegaan, moet jy die gebooie nakom. ”
Nyochaa Matteus 19:17
9
Matteus 19:24
Ek sê weer vir julle, dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk mens om in die •koninkryk van God in te gaan.”
Nyochaa Matteus 19:24
10
Matteus 19:9
Ek sê vir julle dat wie van sy vrou skei, behalwe weens owerspel, en met 'n ander trou, egbreuk pleeg.”
Nyochaa Matteus 19:9
11
Matteus 19:23
Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “•Amen, Ek sê vir julle: 'n Ryke sal moeilik in die •koninkryk van die hemele ingaan.
Nyochaa Matteus 19:23