Die wegrapingNäide

Is daar ander wegrapings in die Bybel?
Henog en Elia is bekend vir die feit dat hulle nie gesterf het nie, maar deur God na die hemel opgeneem is. Henog word genoem in die geslagsregister van Adam in Genesis 5:24 (NLV): “Henog het sy lewe lank baie naby aan God gelewe. Toe het hy verdwyn, want God het hom weggeneem.” Hebreërs 11:5 (NLV) sê vir ons “nog voordat Henog weggeneem is, is van hom getuig dat hy God se goedkeuring wegdra”. En dit is hoekom Henog weggeneem is. Ons weet nie hoe Henog weggeneem is nie, net hoekom.
In 2 Konings 2 lees ons dat Elia ook deur God weggeneem is, maar dit het voor die oë van ’n ooggetuie gebeur, sy leerling, Elisa. Elisa het God se wa van vuur gesien wat Elia in ’n stormwind kom haal en in die hemel opgeneem het.
Hierdie twee mans is na die hemel weggevoer op dieselfde manier as wat die kerk weggevoer sal word. Ook ons sal weggeneem word om dieselfde rede as Henog – omdat ons “in Christus” is en naby aan Hom leef.
Hierdie vrae en antwoorde is geneem uit PROFESIEË OOR DIE EINDTYD deur Amir Tsarfati en Barry Stagner © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Pühakiri
About this Plan

Wat is die wegraping van die kerk? Watter Bybelgedeeltes vertel vir ons van die wegraping? Wat is die doel van die wegraping? Wie sal weggeraap word? Amir Tsarfati kyk na hierdie en ander vrae in dié 7-dag leesplan wat fokus op die kernvrae rondom die wegraping.
More
Related Plans

Cradled in Hope

A Heart After God: Living From the Inside Out

Create: 3 Days of Faith Through Art

Pentecost and the Work of the Spirit

The Power of Presence

Bold Prayers for Moms: A Back-to-School Devotional

Unstoppable

A Slower Life

Every Nation: Getting to Know God More Through Psalm 19
