Esra/Nehemia/Ester: Oorkom Vrees en Ontmoediging Näide

Lees Nehemia hoofstuk 1
Nehemia het verskeie gebede in sy boek opgeneem. Let veral op na die gebed wat in verse 5 tot 11 opgeteken is.
Terwyl ons nou die boek Nehemia saam bestudeer, moet jy elke gebed wat deur Nehemia neergeskryf is kleurmerk. Dit sal dan later vir jou maklik wees om elke gebed in die boek raak te sien. Jy sal dit ook nuttig vind om rekord te hou van alles wat jy oor gebed leer, soos ons deur die boek vorder.
Maak ‘n nuwe nota en lys dan alles wat jy in hoofstuk 1 oor God leer. Let ook op die woorde dink tog aan en beveel (beveel het, gebooie (AFR53)) en wat jy daaroor leer. Skryf alles wat jy leer in ‘n nota.
Klink hoofstuk 1:8 vir jou bekend? Hy haal aan uit Levitikus 26:33.
Toepassing:
Wat leer jy in Nehemia 1:5-11 oor gebed?
Hoe kan jy dit in jou eie gebedslewe toepas?
Pühakiri
About this Plan

Hierdie in-diepte studie van die Ou Testamentiese boeke van Esra, Nehemia en Ester, vertel die lewensverhale van gewone manne en vroue wat oorweldigende omstandighede, gelaai met vrees en ontmoedigings, getrotseer het. Tog het hulle oorwin. Jy kan ook! Kom ons kyk na Nehemia en hoe hy ontmoediging oorkom het.
More
Related Plans

The Boom Squad: Young Hero Training

Restoration

Creative Confidence: 7 Days to Step Into Freedom in Christ

The Image of the Invisible God

Divine Dialogue: Discover God's Heart and Purpose

A Conquered Foe

Pawprints & Prayers: Dog Devotions on Comfort and Compassion

Flourish Where You Lead

How to Deal With Difficult People
