Logo de YouVersion
Ícono Búsqueda

Jou Vers Vir Die DagMuestra

Jou Vers Vir Die Dag

DÍA 9 DE 10

1 Konings 3:5

"Toe verskyn die Here in Gíbeon in ‘n nagtelike droom aan Salomo; en God het gesê: Begeer wat Ek jou moet gee."

- Dit is so belangrik dat ons, ons versoeke aan die Here moet bring.

- Die patroon van die hemel is dat ons sal vra en dat dit die weg om te ontvang, sal open.

- Terwyl ons vra, vestig ons ‘n band tussen ons en die Gewer.

- Ons het nie, want ons vra nie.

Gebed: Vader, vandag kom ek in u heilige teenwoordigheid staan om my versoeke en begeertes voor U te bring. Nou dadelik vra ek, vir ‘n wonderwerk in my situasie. U is die Gewer van elke goeie en perfekte geskenk en ek maak vir my omstandighede op U staat. In die Naam van Jesus. Amen.

Escrituras

Acerca de este Plan

Jou Vers Vir Die Dag

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronglik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

More