Logo de YouVersion
Ícono Búsqueda

JOB 12

12
Job praat ’n vierde keer wanneer hy Sofar antwoord
1Job het weer gepraat:
2“Julle weet regtig alles, nè?
Wanneer julle sterf,
sal al die wysheid
daarmee heen wees!
3Wel, ek weet ook ’n paar dinge.
Julle weet niks meer
as ek nie.
Wie weet nie hierdie dinge
wat julle nou kwytraak nie?
4“Tog lag my vriende vir my!
Ek is iemand wat roep tot God
en Hy antwoord my.
Ek is regverdig en onskuldig,
maar hulle lag vir my!
5Mense wat in gemak lewe,
spot met dié
wat moeilikheid het.
Hulle stamp ’n mens
wat alreeds struikel.
6Maar selfs rowers
word in vrede gelaat.
Dié wat God tart,
leef in veiligheid,
hulle vir wie God in sy mag het.
7“Vra die diere!
Hulle sal julle leer.
Vra vir die voëls in die lug!
Hulle sal vir julle sê.
8Praat met die aarde.
Dit sal julle onderrig.
Laat die visse van die see
met julle praat.
9Hulle weet almal
die Here het dit gedoen.
10Want die lewe
van elke lewende ding
is in sy hand,
en die asem
van die ganse mensheid.
11Net soos die mond
goeie kos proe,
so toets die oor
die woorde wat dit hoor.
12Wysheid behoort
aan die oues van dae,
insig
by dié wat baie jare
geleef het.
13“Maar ware wysheid en mag
is by God.
Raad en insig is Syne.
14Wat Hy vernietig,
kan nie herbou word nie.
As Hy op jou toeslaan,
is daar geen ontsnapping nie.
15As Hy die reën terughou,
word die aarde ’n woestyn.
As Hy die waters loslaat,
verspoel die hele wêreld.
16Ja, krag en wysheid
behoort aan Hom.
Die bedrieër
en dié wat bedrieg word,
is albei in sy mag.
17Hy lei raadgewers weg
en stroop hulle
van goeie oordeel.
Hy dryf regters tot waansin.
18Hy verwyder
die klere van konings.
Hulle word as slawe weggelei.
19Hy stroop priesters
van hulle status
en onttroon die magtiges.
20Die vertroude raadgewer
maak Hy stil,
en die insig van die leiers
neem Hy weg.
21Hy stort skande uit
oor prinse,
en buit wapens van sterkes.
22Hy oorspoel donker dinge met lig,
en verlig
die diepste duisternis.
23Hy bring nasies tot stand
en vernietig hulle.
Hy laat nasies groei
en verwerp hulle.
24Hy verwyder die insig
van konings
en laat hulle ronddwaal
in ’n wildernis
sonder ’n pad.
25Hulle tas in die donker
sonder ’n lig.
Hy laat hulle slinger
soos dronkaards.”

Actualmente seleccionado:

JOB 12: NLV

Destacar

Compartir

Copiar

None

¿Quieres guardar tus resaltados en todos tus dispositivos? Regístrate o Inicia sesión

YouVersion utiliza cookies para personalizar su experiencia. Al usar nuestro sitio web, acepta nuestro uso de cookies como se describe en nuestra Política de privacidad