1
JAKOBUS 1:2-3
Afrikaans 1933/1953
AFR53
AG dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.
Comparar
Explorar JAKOBUS 1:2-3
2
JAKOBUS 1:5
En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.
Explorar JAKOBUS 1:5
3
JAKOBUS 1:19
SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.
Explorar JAKOBUS 1:19
4
JAKOBUS 1:4
Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.
Explorar JAKOBUS 1:4
5
JAKOBUS 1:22
En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.
Explorar JAKOBUS 1:22
6
JAKOBUS 1:12
Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
Explorar JAKOBUS 1:12
7
JAKOBUS 1:17
Elke goeie geskenk en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.
Explorar JAKOBUS 1:17
8
JAKOBUS 1:23-24
Want as iemand 'n hoorder van die woord is en nie 'n dader nie, dié is soos 'n man wat sy natuurlike gesig in 'n spieël sien; want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.
Explorar JAKOBUS 1:23-24
9
JAKOBUS 1:27
Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jou vlekkeloos te bewaar van die wêreld.
Explorar JAKOBUS 1:27
10
JAKOBUS 1:13-14
Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
Explorar JAKOBUS 1:13-14
11
JAKOBUS 1:9
Maar laat die broeder wat gering is, roem in sy hoogheid
Explorar JAKOBUS 1:9