1
Markus 2:17
Bybel vir almal
ABA
Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: “Gesonde mense gaan nie dokter toe nie, net mense wat siek is, gaan dokter toe. Ek het nie gekom om mense te roep wat dink hulle is gehoorsaam aan die wette van God nie, Ek het gekom om sondaars te roep.”
Comparar
Explorar Markus 2:17
2
Markus 2:5
Toe Jesus sien hulle glo dat Hy die verlamde man gesond kan maak, sê Hy vir die man: “My vriend, Ek vergewe jou sondes.”
Explorar Markus 2:5
3
Markus 2:27
Jesus het vir die Fariseërs gesê: “God het die Sabbatdag vir die mens gemaak. Hy het nie die mens vir die Sabbatdag gemaak nie.
Explorar Markus 2:27
4
Markus 2:4
Omdat daar so baie mense was, kon hulle nie die man tot by Jesus bring nie. Hulle het toe die dak bokant Jesus oopgebreek. Hulle het 'n gat in die dak gemaak, en toe het hulle die slaapmat waarop die verlamde man lê, deur die gat laat sak.
Explorar Markus 2:4
5
Markus 2:10-11
Maar Ek wil vir julle wys dat Ek, die Seun van die mens, sondes mag vergewe op die aarde.” Jesus sê toe vir die verlamde man: “Ek sê vir jou, staan op, neem jou slaapmat en gaan huis toe.”
Explorar Markus 2:10-11
6
Markus 2:9
Is dit die maklikste om vir die verlamde man te sê: ‘Ek vergewe jou sondes,’ of is dit die maklikste om te sê: ‘Staan op, tel jou slaapmat op en loop?’
Explorar Markus 2:9
7
Markus 2:12
Die man het opgestaan en hy het dadelik sy slaapmat geneem en uitgegaan. Al die mense het dit gesien en hulle was baie verbaas. Hulle het God geprys en gesê: “So iets het ons nog nooit gesien nie!”
Explorar Markus 2:12