1
Deuteronomium 4:29
Die Boodskap
DB
“Dan sal julle weer na die Here begin verlang. En as julle Hom met alles in julle soek, sal julle Hom vind.
Sammenlign
Udforsk Deuteronomium 4:29
2
Deuteronomium 4:31
Onthou, die Here is ’n God wat oorloop van goedheid. Hy sal julle nie sommer los of weggooi nie. Hy wil nog steeds die liefdesverbond wat Hy al met julle voorvaders gesluit het, in ere hou.”
Udforsk Deuteronomium 4:31
3
Deuteronomium 4:24
Onthou, die Here is soos ’n vuur wat alles vernietig. Hy duld geen afgode nie.
Udforsk Deuteronomium 4:24
4
Deuteronomium 4:9
“Sorg dat julle nooit die dinge vergeet wat julle met julle eie oë gesien het nie. Julle moet dit lewenslank onthou en daaroor nadink. En julle moet ook vir julle kinders en kleinkinders daarvan vertel.
Udforsk Deuteronomium 4:9
5
Deuteronomium 4:39
Onthou dan nou dat die Here die enigste God in die hemel en op die aarde is. Daar is geen ander God soos Hy nie.
Udforsk Deuteronomium 4:39
6
Deuteronomium 4:7
Geen ander nasie het ’n god wat so naby aan sy volk is soos die Here ons God aan ons is nie. Elke keer as ons bid, help Hy ons.
Udforsk Deuteronomium 4:7
7
Deuteronomium 4:30
As al hierdie verskriklike dinge met julle gebeur en dit met julle sleg gaan, maar julle draai terug na die Here toe, móét julle opnuut na Hom luister.
Udforsk Deuteronomium 4:30
8
Deuteronomium 4:2
Moet niks bysit by hierdie wette nie en moet ook niks daarvan weglaat nie. Leef voluit volgens die Here se wil.
Udforsk Deuteronomium 4:2