Die wegrapingنموونە

Wat is die doel van die wegraping?
Die wegraping van die kerk sal ’n hele reeks gebeure aan die gang sit. 2 Tessalonisense 2:7-8 sê die wegraping sal die deur open vir die antichris om te heers. Dit kan egter nie gebeur voordat die terughoudende krag van die Heilige Gees, soos dit deur die kerk uitgeoefen word, uit die weggeruim word nie. Die wegraping sal die wêreld uit die kerktydperk tot in die groot verdrukking laat oorgaan. Dit sal ook die profesieë wat in 1 Korintiërs 15:51-54 en 1 Tessalonisense 4:13-18 opgeteken staan in vervulling laat gaan.
Die heel belangrikste is dat die wegraping die hele wêreld se aandag op Israel sal vestig soos nog nooit tevore nie. Daniël het gehoor dat daar 70 sewes vir sy volk en die heilige stad vasgestel is, en tot in hierdie stadium het nog net 69 van daardie sewes of jare in vervulling gegaan. Die profeet Sagaria het gesê Jerusalem sal ’n swaar klip of las word vir die hele wêreld wat teen die stad saamspan (Sagaria 12:3). Ons is tans in ’n ongewone seisoen van die profetiese geskiedenis, want vir die eerste keer ooit bestaan die volk Israel en die kerk saam. Die wegraping sal die wêreld se aandag en God se aandag op die volk Israel alleenlik rig om die laaste “week” van die 70 sewes of jare wat in Daniël voorspel is, af te sluit.
کتێبی پیرۆز
دەربارەی ئەم پلانە

Wat is die wegraping van die kerk? Watter Bybelgedeeltes vertel vir ons van die wegraping? Wat is die doel van die wegraping? Wie sal weggeraap word? Amir Tsarfati kyk na hierdie en ander vrae in dié 7-dag leesplan wat fokus op die kernvrae rondom die wegraping.
More
پلانە پەیوەستەکان

Acts Reading Plan

Alive and on Fire - a Video Devo With Illusionist, Dustin Tavella

A Kid's Guide To: Learning to Be Brave Through Followers of Jesus

Reputation

Center of It All

Truth to All Generations by Vance K. Jackson

Getting to Know the Holy Spirit

Titus: Do What God Says

Find Your Way
