Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandagنموونە

Lees: Handelinge 28
SOAP: Handelinge 28:30–31
Soos ons nou ons studie oor Handelinge afsluit, mag ons daaraan herinner word om te leef en te dien en Christus te verkondig, op dieselfde manier as wat die vroeë kerk dit gedoen het. In sy laaste dae het Paulus, met dapperheid en sonder beperkinge, voortgegaan om Christus te verkondig en mense te leer.
Paulus was voortdurend deur die Heilige Gees bemagtig. Van die oomblik van sy bekering tot die oomblik van sy dood, was die konstante werk van die Heilige Gees in Paulus se lewe duidelik sigbaar. Paulus was dikwels bang, maar selfs te midde van sy vrees het hy Christus verkondig. Sy omstandighede het nie sy getuienis bepaal nie.
As gelowiges in Christus, moet ons na dieselfde getuienis strewe. Ongeag van ons omstandighede, finansiële situasie, huwelikstatus, gesondheid of omgewing, moet ons getuienis dieselfde wees. Mag ons mense wees wat die koninkryk van God verkondig en wat met volkome dapperheid, en sonder beperkinge, ander van die Here Jesus Christus sal leer.
Here Jesus, laat my ‘n getuie wees van u evangelie, ongeag my omstandighede. Help my om nie toe te laat dat my situasie, my vrees of my reputasie my getuienis vir U dikteer nie. U alleen is my lewe waardig. Help my om elke dag gefokus te wees op die verspreiding van u evangelie aan die wêreld. Amen.
کتێبی پیرۆز
دەربارەی ئەم پلانە

In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.
More
پلانە پەیوەستەکان

Chunky Blankets & Deep Breaths

Evangelize Everywhere

The Cross | and What It Means for Fallen Humanity (Family Devotional)

A Kid's Guide to Starting Fresh With God

The Kingdom Paradox: The Upside-Down Ways of Jesus’ Leadership

A Teen’s Guide To: Standing Strong
The Bible Recap - the Torah

Choices
