bible icon

Wend die Bybeltoep aan tot voordeel van jou eredienste.

Dit het alles wat jou kerk nodig het om betrokke te raak by jou boodskap, en om dit met ander te deel. Gratis, papierloos, en reeds geïnstalleer op miljoene toestelle.

Help jou gemeenskap om meer uit jou boodskappe te kry.

Kykers kan volg, verdiep raak in die Skrif, notas neem en selfs hulle persoonlike afskrif stoor vir toekomstige verwysing.

Jou inhoud op hul slimfoon.

Boodskapopsommings, aankondigings, skakels vir Internetbetalings ... wat jy ook al moet kommunikeer met jou kerk, deel dit alles — 100% gratis.

Lei jou mense om hulle verder in die Bybel te verdiep.

Beveel Leesplanne en Oordenkings aan sodat jou gemeenskap deur die hele week die Skrif sal lees.

iphone-header
iphone-screen
iphone-footer

Kragtig hoef nie ingewikkeld te wees nie.

Skep maklik Gebeurtenisse van enige web-gekoppelde rekenaar of selfoon. Sleep-en-los elkeen van jou Gebeurtenisse op sy plek, herrangskik, redigeer en verbeter soos jy aangaan.

  • Kragtig hoef nie ingewikkeld te wees nie.

Al die boublokke wat jy nodig het ... om die presiese Gebeurtenisse te skep soos jy wil.

Modules wat verander kan word, spaar tyd en moeite. Kombineer elemente om Gebeurtenisse van nuuts af te skep. Of gebruik jou bestaande Gebeurtenisse en verander dit soos nodig. Jy kan selfs bestaande Gebeurtenisse kopieer en verander om heeltemal verskillende soorte byeenkomste te lys. Met Voorskou kan jy deurentyd die inhoud van jou Gebeurtenisse sien presies soos jou deelnemers dit sal sien.

TeksmoduleTeksmodule

Oorsig, sleutelpunte, besprekingsvrae ... Deel enige teksinhoud wat jou deelnemers sal help om jou boodskap te volg soos dit plaasvind.

BybelverwysingsBybelverwysings

Vertoon gedeeltes reg waar jou boodskap daarna verwys, gekoppel aan enige van die Bybel-toepassing se 2400+ weergawes, in 1600+ tale — geen kopieer of plak nodig nie.

Leesplanne ModuleLeesplanne Module

Koppel jou leesplanne en oordenkings aan toepaslike punte van onderrig. Sodoende help jy jou gehoor om voortdurend, deur die week, die Woord van God te bestudeer.

Webskakels ModuleWebskakels Module

Plaas jou gehoor net een klik van internetbetalings, vrywillige diens of kerk tuisblaaie. Skep 'n skakel na 'n eksterne webwerf vanuit jou Gebeurtenisse.

BeeldmoduleBeeldmodule

Kikker jou Gebeurtenisse op met ondersteunende grafika: kunswerke, foto's, versbeelde, ens. Deelnemers sal jou Gebeurtenisse maklik kan deel op hulle sosiale media en jou boodskap sodoende versprei.

AankondigingsmoduleAankondigingsmodule

Versprei al jou belangrike inligting maklik en betyds: kerknuus, kalender, programme, klasse, vrywilliger- en bedieningsgeleenthede, en nog baie meer.

Ligging en TyeLigging en Tye

Laat mense weet waar en wanneer jou Gebeurtenisse plaasvind — selfs vir Gebeurtenisse wat op meer as een ligging en tyd plaasvind.

Dupliseer GebeurtenisseDupliseer Gebeurtenisse

Spaar tyd en moeite. Skep vinnig nuwe Gebeurtenisse deur bestaandes te kopieer en inligting daarop te verander.

KostebesparingsKostebesparings

Spaar geld op drukwerk en gebruik minder papier ... selfs as jy uitreik na mense op 'n platform met meer as 200 miljoen installasies.

piggy-bank-image
Die meeste kerke spandeer R 100 000 per jaar
op drukwerk. Gebeurtenisse help jou
om daardie koste te sny of selfs uit te skakel.

Getuienisse

Pastoor Bill White

"Ons was opgewonde om YouVersion in ons bediening te implementeer, veral die Gebeurtenisse afdeling, waar ons elke week se preeknotas en kommentare plaas. Ons mense hou daarvan om die aantekeninge byderhand te hê, om dit met ander te deel en om dit te stoor. Deur gedrukte programme te vervang is duisende rande vir ander bedienings beskikbaar!"

Pastoor Bill White
Christ Journey Kerk

Pastoor Herbert Cooper

"YouVersion Gebeurtenisse is 'n waardevolle hulpbron vir ons gemeente. Die vermoë van ons mense om die erediens met preeknotas en Skrifgedeeltes te volg, skep kragtige betrokkenheid en maak 'n groot impak."

Pastoor Herbert Cooper
People's Church

Cindy Beall

"Ons gebruik Gebeurtenisse vir al ons byeenkomste, sodat ons gemeentelede die notas en skrifgedeeltes van die sprekers voor hulle kan hê. Gebeurtenisse het ons die druk van duisende bladsye bespaar! Die opstel van 'n Gebeurtenis is ongelooflik maklik, en dit word altyd gepubliseer op die presiese tyd wanneer ons dit nodig het."

Cindy Beall
Leading and Loving It, Direkteur van Equip

bible icon

Gebeurtenisse is splinternuut, heeltemal gratis, en slegs in die Bybeltoep.

'n Revolusie in Bybelbetrokkenheid vind tans in ons leeftyd plaas. Dit is tot dusver op meer as 750 miljoen unieke toestelle geïnstalleer (en vind steeds plaas), Die Bybeltoep help mense in elke land op aarde om met die Woord van God te verbind. Nou, deur middel van Gebeurtenisse, is dit vir ons aangenaam om die platform binne jou bereik aan te bied.

  • app store
  • google playstore

Begin sommer nou.

Kry jou eerste Gebeurtenis gereed en deel dit binne tien minute in die Bybeltoep. Al wat jy nodig het, is 'n Mac of PC en 'n gratis YouVersion rekening.

Skep 'n Gebeurtenis