Leesplan inligting

Wysheid vir die ToekomsVoorbeeld

Wysheid vir die Toekoms

DAG 4 VAN 5

Vraag 4: Wat is die opsies?

Jy mag dalk dink dat jy nie kreatief is nie, maar jy is! Jy is as God se beeld geskep en Hy is die kreatiewe Skepper. Miskien speel jy nie in ʼn orkes nie of kan jy nie asemrowende tonele skets nie, maar jy het ʼn God-gegewe, Gees-gedrewe vermoë om kreatief oor jou toekoms te dink. Vandag vra jy jou die vierde vraag af: “Wat is die opsies?” Deur hierdie vraag te beantwoord, stel jy jou verstand oop vir wonderlike, kreatiewe oplossings wat jy nooit sou gedink het moontlik is nie.

Wysheid is ʼn ongelooflike gawe wat jou sal help om die regte pad na die toekoms te kies. Dit is ʼn kombinasie van weet wat om te doen en hoe om dit te doen. Die vierde vraag (“Wat is die opsies?”) is die volgende kritieke stap in die kreatiewe denkproses. Jy mag dalk innerlike spanning ervaar wanneer jy jou hierdie vraag afvra omdat jy so pynlik bewus is van jou eie tekortkominge. Miskien sien jy reeds ʼn paar moontlikhede raak, maar jy gaan ook ʼn paar lugkastele moet bou en moet dagdroom oor skynbare onmoontlikhede. Om opsies te oorweeg, is nie dieselfde as om te besluit wat jy gaan doen nie. Jy hoef nie realisties te wees nie. Jy mag maar oor ʼn paar onmoontlikhede nadink wat glad nie binne die beperkinge van jou huidige werklikheid val nie. Vra jou dan af waarom daardie opsies onmoontlik lyk en watter ander opsies beskikbaar sou wees indien geld en tyd nie faktore was nie. Om op hierdie manier opsies te konseptualiseer is ʼn belangrike stap om God se wysheid vir jou toekoms te bekom, want niks is vir God onmoontlik nie (Lukas 1:37).

ʼn Baie goeie plek om te begin om jou kreatiewe God se kreatiwiteit deur jou verstand te laat spoel, is om aan ten minste tien opsies of oplossings te dink vir elkeen van die dieper begeertes wat verband hou met die uitdaging voor jou. Van die oplossings kan dalk onrealisties wees, maar jy gaan vir seker ook ʼn paar onverwagse moontlikhede ontsluit. Mag die God wat die see verander in ʼn hoofweg en ʼn pad in die woestyn maak, jou verras met sy wonderlike manier om jou oë en verstand oop te maak vir alles wat Hy in jou omstandighede kan bewerkstellig.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wysheid vir die Toekoms

Staar jy ʼn moeilike uitdaging in die gesig? Is daar ʼn doelwit wat jy graag wil nastreef, maar jy voel asof jy vasgeval het? Geen opsies? Onseker oor jou volgende stap? In hierdie inspirerende leesplan ondersoek Jean Symo...

More

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.doxadeo.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid