Leesplan inligting

Begin nuutVoorbeeld

Begin nuut

DAG 1 VAN 7

Jy hoef régtig nie bang te wees nie

Bangwees is so ’n normale, menslike eienskap. Veral so aan die begin van ’n nuwe, onbekende jaar of tydperk. Miskien is dit waarom ons Here vir elke dag van die jaar vir ons sê: “Moenie bang wees nie.”

As jy eerlik is, sal jy erken: Jy is tog so ’n bietjie bang vir die nuwe tyd: vir die onsekerhede, jou werk, die menseverhoudinge wat so ’n bietjie knaag, die uitdagings wat op jou wag. Dalk is jy selfs bang vir God. Hoe ook al, dit is goed om aan die begin van nog ’n kalenderjaar of nuwe tydperk sommer net weer te onthou: Ons Here het juis die woord “genade” ’n werklikheid kom maak. Hy het sélf aarde toe gekom, tussen ons kom woon en vir ons gesterf. Sy genade vir ons is genoeg vir elke dag van die jaar.

Sy genade is so ruim juis omdat Hy vergifnis is. Omdat alles in Hom ons swakhede wil uitvee, ons stukkendwees wil oormaak, ons gebrokenheid wil heelmaak, ons op ’n pad van volledigheid en vervulling wil lei.

God – die God van genade – is aan jou kant. Immanuel – die Een wat by jou is – gaan jou nie los nie. Die Begin en Einde reis saam op jou pad. Wees daarom sterk. Vertrou Hom. Blindelings. Dag na dag.

Vader, my geloof is klein. My moed min. Help my glo. Help my vertrou. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Begin nuut

Aan die begin van ’n nuwe, onbekende jaar of tydperk erken ons dikwels ons is so ’n bietjie bang vir die nuwe tyd: vir die onsekerhede, jou werk, die uitdagings wat op jou wag ... Milanie Vosloo kom verseker jou vandag d...

More

https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid