Leesplan inligting

God se Geliefde Gemeenskap: 'n 5-dag Leesplan vir KindersVoorbeeld

God's Beloved Community: A 5-Day Reading Plan for Kids

DAG 1 VAN 5

Dag Een: Vry om Lief te Hê


“Eers as die Seun julle vrymaak, sal julle werklik vry wees” — Johannes 8:36.


Jesus kan ons almal vrymaak


om nie kleurblind te wees nie, maar kleur‐dapper,


'n geliefde gemeenskap.


Oordenking


Een van die grootste gawes wat God ons gee, is gemeenskap. 'n Gemeenskap is 'n groep mense wat vir mekaar omgee. In 'n geliefde gemeenskap, weet ons met ons hele hart dat God ons liefhet, al verskil ons baie van mekaar — ons is vry om ander op dieselfde manier lief te hê! Dit is God se grootste droom vir ons. Hoe goed is God om te wil hê dat ons moet liefhê soos Hy liefhet!


Gebed


Liewe Vader,


Dankie dat U ons vrygemaak het sodat ons in 'n kleurvolle gemeenskap van liefde kan wees. Help my om DAPPER te wees om liefde aan ander te betoon, want ek wil saam met U 'n geliefde gemeenskap skep!


Amen.


Aktiwiteit


Teken 'n prentjie van hoe jy voel wanneer iemand vir jou sê: “Ek is lief vir jou” en jy dan geliefd voel, tot by die punte van jou tone! Glimlag jy? Lag jy? Wil jy omhels of hardloop of spring of sing? Hoe kan jy iemand anders help om te weet dat hulle vandag geliefd is?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

God's Beloved Community: A 5-Day Reading Plan for Kids

In hierdie 5-dag leesplan sal kinders betrokke raak by oordenkings, gebede, aktiwiteite en uittreksels uit “God's Beloved Community” deur Michelle T. Sanchez, wat hulle beter insigte sal gee. Jong lesers sal van die lewe...

More

Ons wil WaterBrook Multnomah bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/673882/gods-beloved-community-by-michelle-sanchez-illustrated-by-camila-carrossine

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid