Leesplan inligting

Wat Is Ware Liefde?Voorbeeld

What Is True Love?

DAG 9 VAN 12

Hoe Wandel Ons in Ware Liefde?



Wat stel liefde vry? Hoe kan ons van sonde en om onsself lief te hê, ontslae raak en in ware liefde voortgaan?



Ons kan dit nie sonder Hom en sy hulp doen nie. Dit is so maklik om jou fokus te verloor of die pad byster te raak. Die liefde van Christus en die evangelie is ons enigste hoop. Jesus het gekom, gelewe, gesterwe, is begrawe en het uit die dood opgestaan. So het Hy sonde, die Satan en die dood oorwin. Die Seun van God het ons lief en het Homself vir ons gegee. Hy wys ons die pad van liefde. "Here Jesus, ek wil graag in hierdie soort liefde wandel. Help my om op U te bly hoop en te vertrou."



Lees gerus ou gesange wat Christene lank gelede geskryf het. Dit sal jou help fokus as jy in 'n geestelike stryd is. Ons hoor hulle jubel en aanbid, sien hulle heilige lewens en hoe hulle God liefhet met hulle hele hart en verstand en al hulle krag. Dink na oor hierdie drie strofes in Isaac Watts se gesang "Awake My Zeal, Awake My Love." Verlang jou hart om die Here so lief te hê?



Awake, my zeal; awake, my love,

To serve my Savior here below,

In works which perfect saints above

And holy angels cannot go.



Awake, my soul, to feed

The hungry soul, and clothe the poor;

In Heav’n there are none in need,

Their hearts are full forevermore.



Subdue my passions, O my soul!

Maintain the fight, God’s work pursue,

Daily my rising sins control
,
And the vic’tries be ever new

.
 
The land of triumph lies on high,

There are no foes t’encounter there;

Lord, I would conquer till I die
,
And finish all the glorious war.


 
Let every flying hour confess

I gain Thy Gospel fresh renown;

And when my life and labors cease,

May I possess the promised crown!



Neem die waarheid ter Harte: Kies 'n Skrifgedeelte om ter harte te neem, wat jou hart en verstand sal vernuwe.



Begrawe die Ou Self: Watter spesifieke sonde in jou lewe word aangespreek deur die Skrif waarvan jy 'n nota gemaak het? Paulus sê baie duidelik dat ons van die ou mens ontslae moet raak.



Leef die waarheid: Word 'n nuwe mens in Christus. Watter spesifieke aanpassings moet jy maak ten opsigte van jou gedagtes, gesindheid en optrede, om jouself aan God te onderwerp en sy waarhede deel van jou lewe te maak?

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

What Is True Love?

Almal wil weet wat liefde eintlik is. Min mense kyk egter wat die Bybel oor liefde sê. Liefde is een van die sentrale temas van die Skrif en die belangrikste aspek van die Christelike lewe. Hierdie leesplan van Thistlebe...

More

Baie dankie aan Thistlebend Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.thistlebendministries.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid