Leesplan inligting

Wat Is Ware Liefde?Voorbeeld

What Is True Love?

DAG 3 VAN 12

Ware Liefde Kan Nie Nagemaak Word Nie



Ware liefde is die kern van die evangelie en die evangelie is die uitbeelding van God se liefde. Die evangelie is die uiteindelike daad van liefde. Ons kan net ware liefde deur die evangelie ontvang. Ons het die vermoë om te weet wat ware liefde is, om ware liefde te geniet, om in ware liefde te lewe en om ware liefde te gee, deur Jesus Christus.



Wat is die evangelie?



Die evangelie is die goeie nuus dat iemand die skuld en straf van al ons oortredinge namens ons op Hom geneem het. Wat is die straf vir sonde? Die dood, die toorn van God, ewige foltering in die hel en skeiding van God. Jesus was die enigste een wat vir ons sondes kon betaal. Hy het in ons plek gaan staan en AL die straf op Hom geneem wat ons verdien het. Jesus, die perfekte Een, sonder enige sonde, ten volle God en mens, het sy lewe vir ons neergelê. Hy wat sonder sonde was, het AL ons sonde, AL ons ongeregtighede en AL ons OORTREDINGE op Homself geneem en in ruil daarvoor vir ons sy heiligheid, sy karakter en sy GEREGTIGHEID gegee.




Die Een wat sy lewe vir jou gegee het, wil hê dat jy hierdie soort liefde sal ken, ontvang, ervaar, daarin lewe en vir ander gee.



Het jy al hierdie liefde ontvang? As jy weet dat jy God se vergifnis ontvang het en jy vertrou op Hom en sy liefde, vra ons jou om nou hierdie kort gebed te bid, voor jy verder lees: “Here, ek vra dat U my ore oopmaak om u Woord te hoor, my oë oopmaak om u waarheid te sien en my hart oopmaak om te ontvang wat U vir my wil gee. Help my om ware liefde te verstaan en te ontvang, en te begryp wat U vir my gedoen het, sodat ek in u ware liefde kan leef. Amen.”



God se liefde vir jou is die grootste liefde. Om sy liefde te begryp, te ontvang en te glo, is baie belangrik en die fondament van wie ons is, ons verhouding met Christus en absoluut alles wat ons doen. Ons behoort elke oomblik in sy liefde te wandel.



Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

What Is True Love?

Almal wil weet wat liefde eintlik is. Min mense kyk egter wat die Bybel oor liefde sê. Liefde is een van die sentrale temas van die Skrif en die belangrikste aspek van die Christelike lewe. Hierdie leesplan van Thistlebe...

More

Baie dankie aan Thistlebend Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.thistlebendministries.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid