Leesplan inligting

Duik Diep 14Voorbeeld

Deep Dive 14

DAG 1 VAN 14

Sal jy valskerm spring sonder 'n valskerm? Sal jy rekspring sonder 'n rek? Sal jy op 'n tuimeltreinrit gaan sonder om die skouerharnas vas te maak? Sal jy skubaduik sonder suurstof in die silinder? Sal ek jou kan oortuig om 'n vrot eier met 'n dooie goudvis daarin te eet, net vir die pret daarvan? Die antwoord op al hierdie vrae is 'n definitiewe "NEE!!!" Dis nie slim om sulke dinge te doen nie. Dit is nie aanloklike speletjies nie. Dit is nie regdenkend nie! Hoekom? Om sulke gevaarlike aktiwiteite te doen sonder voorsorgmaatreëls, sal beslis pyn tot gevolg hê en is lewensgevaarlik! Wil jy hoor van domastrant? Die meeste tieners waag elke dag soortgelyke gevare. Hulle voer dalk nie waaghalsige toertjies uit of eet rou kos nie, maar hulle waag dit om hul eie lewe op eie houtjie te wil leef. God het ons as sy beeld geskep, as verhoudingswesens. Hy het ons geskep om in 'n verhouding met Hom en met ander gelowiges te wees (1 Johannes 1:3). In die Bybel word Christene nooit onderverdeel as diegene wat kerk toe gaan en diegene wat dit nie doen nie. In die Nuwe Testament, waar Christene ook al binne bereik van mekaar was, het hulle byeengekom. In die boek Handelinge, wanneer die apostel Paulus na dorpe gegaan het waar daar nuwe Christene was, het hy hulle dadelik gehelp om mekaar te ontmoet en saam het hulle klein gemeentes gevorm.



Bid dat God jou 'n hart vir sy kinders sal gee en dat Hy jou sal help om die keuse te maak om gereeld ander Christene te ontmoet.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Deep Dive 14

Duik dieper. Swem verder. Hierdie 14-dag leesplan vir tieners stel jou in staat om jou geestelike lewe te verryk. Dit skep geleentheid dat jy dieper in die Woord van God kan delf en deur die daaglikse dagstukke geïnspire...

More

Ons bedank graag OneHope vir hulle bereidwilligheid om die OneHope (Duik Diep) leesplan met ons te deel. Om meer van OneHope.net te wete te kom, besoek gerus hulle webwerf by www.onehope.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid