Leesplan inligting

Daaglikse AanbiddingVoorbeeld

Everyday Worship

DAG 1 VAN 6

Nie Alles Behoort Aanbid Te Word Nie


Ons almal aanbid een of ander ding, maar nie alle dinge behoort aanbid te word nie.


Het jy al ooit sport entoesiaste by 'n wedstryd dopgehou? Hulle daag by 'n wedstryd op, geverf en van kop-tot-tone in vreemde klere aangetrek. Hulle jil en jou, skreeu en gil, soms ondersteun hulle en ander kere wys hulle misnoeë. By geleentheid raak hulle ook soms betrokke in gevegte oor hulle spanne. In uiterste gevalle is ondersteuners al gedood … oor 'n wedstryd wat in werklikheid geen noemenswaardige rol in hulle alledaagse lewens gespeel het nie.


Of wat van popkonserte? Jong meisies huil en gil met uitgestrekte arms terwyl hulle probeer om aan die beroemde sanger te raak. Sommiges val selfs flou in die proses. Werklikwaar! Met betraande gesiggies en lopende neusies—regtig 'n paar lelike gesiggies onder die skares.


Waarom raak mense so belaglik behep met dinge dat hulle fisiese en liggaamlike reaksies daarteenoor toon? Dis omdat hulle hierdie dinge of mense aanbid.


Die rede is: Mense is van nature aanbidders! Elke enkele een van ons aanbid. Ons kan dit nie help nie, dit is wie ons is. Dit is wat ons doen. Dis hoe ons geskape is.


Dit waaraan jy die meeste dink, doen of dit waaraan jy die meeste aandag gee, is dit wat jy aanbid.


Wat aanbid jy?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Everyday Worship

Om God te aanbid is soveel meer as om net liedere in die kerk te sing. Aanbidding behoort te wees hoé ons lewe. In hierdie leesplan gaan ons ontdek hoe dit lyk om God te aanbid in ons daaglikse lewe.

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church bedank, vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb.: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid