Leesplan inligting

Lewenslustig: 'n Lewe van OorvloedVoorbeeld

Vibrant: A Life of Abundance

DAG 1 VAN 5

Augustus is 'n wonderbaarlike en pragtige maand. Dit is die maand van wilde blomme wat lieflik blom, lewendige sonsondergange in die slaperige skemer en groentetuine wat uitermate geil is. Augustus is God se tentoonstelling van sy ongeëwenaarde kreatiwiteit en strategiese beplanning van voorsiening vir sy kinders. Augustus is die tyd van die jaar wanneer die hele skepping 'n dawerende juigroep rig tot die Een wat die eerste tuin in die geskiedenis geskep het.


Jy is God se Augustus! Jy is geskep om te floreer op dieselfde manier as wat tuine doen op die toppunt van hulle werkverrigting.


God het jou geskep om te onuitputlik te floreer. Hy het jou nie geskep met die doel om aan die wingerdstok van die lewe te sterf nie. Hy het jou geestelik ontwerp vir emosionele en geestelike oorvloed in elke tydperk van jou lewe.


Wanneer jy lewe van die Vader ontvang, sal dit 'n krag binne-in jou skep wat aansteeklik en vrugdraend is! Wie sal dit nie wil hê nie?! Die doel van hierdie buitengewone groei in jou is egter nie net vir jou bedoel nie, want dit het ten doel om ander mense in jou wêreld te seën. Sy lewe help jou om te floreer en om jou lewe dan met ander te deel.


Jy sal met rasse skrede begin groei, beide geestelik en emosioneel, wanneer jy daagliks lewe van die Vader ontvang. Die vrug van die Gees sal jou wonderbaarlik verander in iemand wat die temperament en persoonlikheid van God het. Wanneer jy kies om daagliks in 'n noodsaaklike verbinding met Jesus te wees, sal die lewe wat jy ontvang jou laat groei om die persoon te wees wat God in gedagte gehad het toe Hy jou geskep het.


Jy moet saam met God werk in die tuin van jou hart. Hoe jy emosioneel reageer op die klimaat rondom jou moet die waarheid weerspieël dat jy in 'n diep en ryk verbinding met Hom is. Die Vader gee vir jou wat jy nooit in jou eie krag sou kon aanwakker nie. Jy kan dit nie sonder Hom doen nie en Hy sal dit nie sonder jou doen nie!


Jy is God se Augustus! Dit is 'n wonderlike tyd vir jou om tot so 'n mate oorvloed in jou lewe voort te bring dat die wêreld sal stop en oplet. Moenie verbaas wees as dit 'n happie of twee neem van die Augustus wat jy is nie. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Vibrant: A Life of Abundance

Jy is geskep om 'n lewenslustige getuienis te wees van alles wat God is. Jou hart, en daarom ook jou lewe, is gemaak vir buitengewone oorvloed en vir stralende vreugde. Soos jy dieper delf in die beloftes in van die Woor...

More

Ons wil Whitaker House bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid