Leesplan inligting

Hoe Om Saam Met Jou Gesin te LeefVoorbeeld

How To Live With Your Family

DAG 1 VAN 6

Jy Kon Nie Jou Gesin Kies Nie


Die werklikheid is dat ons almal van sulke verskillende gesinne kom, nie waar nie? Sommige het 'n klomp broers en susters, terwyl ander net enkelkinders is. Sommige het beide ouers of stiefouers, ander woon by pleegouers of verlangse familielede.


Wat ook al jou gesinsdinamika is, onthou dit: God het geweet in watter gesin jy sou wees en Hy sal jou gesin gebruik om jou die mens te help word wat Hy wil hê jy moet wees. Glo dit. Jou gesin kan jou verfyn en jou selfs versterk om te word wie Hy beplan jy moet wees. Toegegee, jy kon nie jou gesin kies nie, maar jy kan kies hoe jy optree, jou gedra en hoe jy binne jou gesinstruktuur lewe.


God wil hê dat jy sy liefde aan jou gesin moet betoon, ongeag jou situasie. Jy kan kies om dinge moeiliker te maak, te argumenteer, nie te luister nie, of jy kan kies om jou gesin baie lief te hê en hulle te wys waaroor God se liefde gaan.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

How To Live With Your Family

Ons almal het familie van een of ander aard. Ons gesinne verander en vorm ons meer as wat ons ooit kan weet. Hierdie ses-dag leesplan sal jou wys hoe jy gelukkig kan lewe saam met die gesin wat God jou gegee het.

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid