Leesplan inligting

Sielsrus: Sewe Dae Na VernuwingVoorbeeld

Soul Rest: 7 Days To Renewal

DAG 1 VAN 7

WORD STIL



In ons gejaagde samelewing, is ons gedurig aan die gang. Of dit nou ons volgepropte kalender, besige gedagtes, of altyd-gekonnekteerde tegnologie is, ons kry nie rus nie. Die rede hiervoor is dat baie van ons verdiep is in ons werk, sukses najaag, verlang na respek, status, gesag, eiewaarde en liefde. Of ons nou probeer om hierdie dinge van mense of van God af te ontvang, veroorsaak hierdie strewe dat ons uitgeput raak. Sielsmoeg. Die enigste manier hoe ons 'n reis na rus kan begin, is om onsself toestemming te gee om tot stilstand te kom. 



Maak vandag tyd om 'n paar minute alleen te wees. Dit sal verkieslik 'n tydjie moet wees wat jy doelbewus beplan om stil te wees. Die beste sal wees as jy na 'n plek toe kan gaan wat vir jou vanselfsprekend rustig is, sodat jy ongeveer tien minute alleen kan wees. Ek dink tien minute is 'n redelike tydjie om voor te hoop. Doen dit sonder die hulp van tegnologie of dinge wat jou moontlik kan onderbreek. 



As 'n wegbreekkans nie in jou dag moontlik is nie, vind 'n manier om stilte te skep te midde van jou gewone roetine. Bestuur in stilte werk toe en terug. Sit tydens middagete alleen, sonder enige interaksie op jou foon. Die sleutel in al hierdie dinge is om nie toe te laat dat enigiets die tyd vul wat jy opsy gesit het om stil en rustig te wees nie. 



Waarskuwing: Daar sal 'n versoeking wees om die belangrikheid van stilwees as gering te beskou, maar ek wil jou aanmoedig om waaksaam te wees. Neem waar wat in jou gedagtes en hart gebeur terwyl jy verdiep raak in hierdie tyd van rustige stilte. 



Word stil en laat Hom toe om te werk. 



THOMAS MERTON 



Bedrywigheid is 'n siekte van die gees. 



EUGENE PETERSON 



Jy moet gejaagdheid genadeloos uit jou lewe elimineer. 



DALLAS WILLARD 



... alle mense het genoeg stilte en afsondering in hulle lewens nodig om die diep innerlike stem van hulle eie ware self in staat te stel om ten minste af en toe gehoor te word. 



THOMAS MERTON


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Soul Rest: 7 Days To Renewal

Met so baie verantwoordelikhede en afleidings wat veg vir ons aandag, het te veel van ons ongesonde siklusse van rus opgebou. As gevolg daarvan, brand ons onsself uit en stoei en baklei teen God se bedoeling vir ons lewe...

More

Baie dankie aan Curtis Zackery wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb.: http://soulrestbook.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid