1 Korinthiërs 2

2
Paulus se prediking van die kruis
1 Wat my betref, broers, toe ek na julle toe gekom het, het ek nie gekom om met verhewe woorde of wysheid God se geheimenis aan julle te verkondig nie. 2 Ek het besluit om by julle van niks anders te weet nie as van Jesus •Christus, en Hom as gekruisigde. 3 Daarby het ek in swakheid na julle toe gekom, vol vrees en bewing. 4 My lering en my verkondiging het nie berus op oorredende woorde van wysheid nie, maar op bewyse van die Gees en van krag, 5sodat julle geloof nie op die wysheid van mense berus nie, maar op die krag van God.
6Vir diegene wat volwasse is in geloof, is wat ons sê, wel wysheid – nie die wysheid van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers nie. Hulle gaan in elk geval tot niet. 7Ons praat egter van God se wysheid wat in 'n misterie gehul was, maar wat Hy voor alle tye vir ons heerlikheid bestem het, 8 en wat nie een van die heersers van hierdie wêreld geken het nie; want as hulle het, sou hulle nie die Here van heerlikheid gekruisig het nie. 9Maar soos daar geskryf staan:
“Wat die oog nie gesien het,
die oor nie gehoor het,
en in die hart van 'n mens
nie opgekom het nie –
dit het God voorberei vir diegene
wat Hom liefhet.”
10Maar aan ons het God dit deur die Gees geopenbaar; want die Gees ondersoek alles, ook die dieptes van God. 11Want watter mens ken die dieptes van 'n mens, behalwe sy eie gees in hom? Net so ken niemand die dieptes van God nie, behalwe die Gees van God. 12Ons het tog nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat van God kom, sodat ons kan weet wat God genadiglik aan ons geskenk het. 13 Ons praat ook oor hierdie dinge, nie met woorde wat menslike wysheid ons leer nie, maar met woorde wat die Gees ons leer, terwyl ons geestelike dinge met geestelike dinge beoordeel. 14 Maar 'n niegeestelike mens aanvaar nie wat van die Gees van God kom nie; vir hom is dit immers dwaasheid, en hy kan dit nie begryp nie, omdat dit slegs geestelik beoordeel kan word. 15Die geestelike mens beoordeel egter alle dinge, hoewel hyself deur niemand beoordeel kan word nie.
16“Want wie het die gedagte van die Here geken,
om vir Hom te kan voorskryf?”
Wat ons betref, ons het die denkwyse van •Christus.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid