Spreuke 5

5
Pas op vir die lekker los vrou
1Jong vriend, luister nou baie mooi na my goeie raad. 2Leer uit my ervaring sodat jy reg kan leef en met insig kan praat.
3Pas op vir die los vrou. Aan die begin is haar woorde so soet en aanloklik soos heuning. Met haar mooiklinkende praatjies wil sy jou vir haarself inpalm. 4Na die opwinding bly daar egter net ’n bitter nasmaak oor. Haar bitter woorde is dan erger as gal, soos ’n skerp swaard wat jou wil verwoes. 5Haar manier van leef maak mense geestelik dood. Sy vernietig jongmans se lewe. 6Sy steur haar glad nie aan ’n gelukkige lewenstyl nie. Sy leef ’n lewe van totale ondergang.
7Jong vriend, luister na my woorde. Doen dit. 8Bly weg van so ’n vrou af. Moenie eens naby haar huis se deur kom nie, 9sodat jy tog nie jou mooi liggaam vir ’n ander een gee wat dit nie eens waardeer nie, sodat jy nie jou eer by iemand verloor wat jou nie eens respekteer nie, 10sodat vreemdes nie jou geld, waarvoor jy hard gewerk het, uitmors nie.
11As jy nie versigtig leef nie, kan jy sommer ernstig siek word. Op jou sterfbed sal jy dan van die pyn skreeu omdat jou liggaam deur siekte vernietig word. 12Jy sal ook hartseer wees. Jy sal besef dit tref jou omdat jy nie na goeie raad wou luister nie. 13Jy sal jouself begin verwyt omdat jy nie na jou ouers en baie ander wyse mense geluister het nie. 14Jou gedrag maak dat jy dan voor die hele gemeente en al die gelowiges verneder word.
15Wees eerder lief vir jou eie vrou. Drink van jou eie put en van jou eie fonteinwater. Laat joune joune alleen wees. 16-17Moet dit nooit met vreemdes deel nie. Geniet die vrou van jou jeug. Laat sy jou verkwik, haar liefde jou vol vreugde maak. 18-20En as jy soveel vreugde by jou eie vrou geniet, waarom nog die omhelsing van ’n los vrou soek? Wat kan sy jou gee wat jou eie vrou nie kan nie?
21Elkeen van ons se lewe lê oop voor die Here. Hy ken ons doen en late. 22Verkeerde dade vang ’n mens in aaklige strikke vas. Sonde is soos ’n tou wat jou so vasbind dat jy nooit weer los kan kom nie. 23Uiteindelik sterf jy omdat jy sonder dissipline geleef het. Jou dwase optrede sal jou jou lewe kos.

Seçili Olanlar:

Spreuke 5: DB

Vurgu

Paylaş

Kopyala

None

Önemli anlarınızın tüm cihazlarınıza kaydedilmesini mi istiyorsunuz? Kayıt olun ya da giriş yapın

YouVersion, deneyiminizi kişiselleştirmek için tanımlama bilgileri kullanır. Web sitemizi kullanarak, Gizlilik Politikamızda açıklandığı şekilde çerez kullanımımızı kabul etmiş olursunuz