Spreuke 2

2
Kies ’n gelukkige lewe
1Jong vriend, indien jy na my wyse woorde oor die alledaagse lewe luister en my voorskrifte soos ’n kosbare skat binne-in jou bewaar,2indien jy jou ore vir hierdie lewenswaarhede spits en goed oor alles nadink, 3indien jy na insig in die alledaagse lewe smag en meer kennis begeer oor hoe om te leef, 4indien jy heeltyd hierna soek soos ’n mens na kosbare silwer of na skatte soek, 5sal jy die Here se liefde begin verstaan. Jy sal weet hoe om wys en gelukkig te leef.
6Onthou egter net een saak: wysheid om reg te leef kom net van die Here af. Kennis en insig is net by Hom te kry. 7Hy gaar arms vol wysheid vir die gelowige op. Dit is net vir ons bedoel vir wie die Here liefhet. Soos ’n skild sal dit ons teen slegte dade beskerm. Dit sal ons aanspoor om gelukkig te leef.
8Al die spreuke sal jou leer hoe om reg op te tree. Jy sal sommer lus wees om reg te leef. 9Dit sal vir jou lekker wees om daaroor na te dink. En jy sal weet hoe om met insig en begrip in elke situasie op te tree.
10Wysheid sal jou van verkeerde dinge weghou en jou lewe verryk. 11Jy sal ook begin let op wat jy sê. Jy sal verstandig raak. 12Van sekere tipes mense sal jy wegbly, 13veral van diegene wat niks van lewensgeluk wil weet nie, 14hulle wat dit geniet om heeltyd verkeerde dinge te doen. 15Hulle loop op verkeerde paaie in die verkeerde rigting.
16’n Wyse lewenshouding sal ’n jongman teen ’n los vrou beskerm, veral teen haar wat hy van geen kant af ken nie en wat hom met haar woorde wil probeer verlei. 17So ’n vrou het haar man en kinders verlaat en die huweliksooreenkoms voor God heeltemal vergeet. 18Wie haar besoek, ervaar iets van die dood. 19Wie met haar gemeenskap het, sink in ’n donker put weg. Hy sal geestelik sterf. Sy lewenskoers is hy vir altyd kwyt.
20Meng eerder met mense wat die Here liefhet, met mense wat weet hoe om gelukkig te leef. 21Opregte gelowiges sal die goeie van die aarde geniet. Hulle wat reg lewe, sal die lekker dinge van die lewe smaak. 22Dommes wat nie weet hoe om reg te leef nie, sal egter niks van hierdie goeie dinge ervaar nie. Hulle is ongelukkige mense.

Seçili Olanlar:

Spreuke 2: DB

Vurgu

Paylaş

Kopyala

None

Önemli anlarınızın tüm cihazlarınıza kaydedilmesini mi istiyorsunuz? Kayıt olun ya da giriş yapın

YouVersion, deneyiminizi kişiselleştirmek için tanımlama bilgileri kullanır. Web sitemizi kullanarak, Gizlilik Politikamızda açıklandığı şekilde çerez kullanımımızı kabul etmiş olursunuz