Spreuke 16

16
Ken die Here in jou planne
1’n Mens maak baie planne, maar die Here besluit of dit suksesvol sal wees of nie.
2Alles wat ’n mens doen, lyk vir hom reg. Maar die Here weet waarom ons dit aanpak.
3Ken die Here in alles wat jy wil doen, dan sal Hy jou help om dit uit te voer.
4Die Here het alles vir ’n doel gemaak, selfs die slegte mense se dag van oordeel.
5Die Here verag arrogante mense wat op ander trap. Hulle sal sekerlik nog gestraf word. Liefde kan skewe verhoudings weer regmaak. 6Respek vir mekaar laat ’n vriendskap blom. Liefde vir die Here hou ’n mens van die kwaad af weg.
7As die Here iemand liefhet, sal sy vyande dit raaksien. Hulle sal op goeie voet met hom wil wees.
8Liewer eerlik wees en min besit as ’n sak vol geld wat oneerlik verkry is. 9Elke mens beplan sy lewe, maar alles hang van die Here af.
10Eerlike regters is vir die Here belangrik. Hulle moet regverdige beslissings lewer.
11Winkeleienaars en kafeebase moenie mense uitbuit nie. Die Here haat ’n kullery.
12Leiers moet korrupsie met wortel en tak uitroei. Goeie leiers is altyd eerlik.
13’n Leier moet die waarheid liefhê. Vir eerlike mense moet hy respek hê.
14’n Woedende baas kan jou groot ellende veroorsaak. Tree altyd kalm op. So sal jy ’n moeilike situasie goed kan hanteer.
15Wie in die baas se goeie boekies is, kan goeie dinge verwag. Sy guns kan vir jou baie beteken.
16Om reg te leef is baie meer werd as goud. Wie weet hoe om elke dag gelukkig te lewe is ryker as die rykste mense.
17Wie die Here volg, bly uit die moeilikheid. Wie gelukkig wil wees, sal versigtig leef.
18Wie dink hy is beter as ander, word verneder. Trots lei tot ondergang. 19Dit is beter om niks van jouself te dink nie en saam met die eenvoudiges te leef, as om baie geld te hê en saam met hoogmoediges te bly.
20Wie na die Woord luister, sal die goeie van die lewe ervaar. Wie op die Here vertrou, is lewenslank gelukkig.
21Mense respekteer iemand wat wys leef. Iemand wat mooi praat, oortuig mense maklik.
22Vir iemand wat weet hoe om reg te leef is wysheid ’n onuitputlike bron van kennis. ’n Domme sal nooit leer nie. Hy sal altyd die verkeerde dinge doen.
23Soos ’n mens dink, praat hy ook. ’n Goeie spreker kan mense baie dinge leer.
24Mooi woorde is soos iets lekkers. Aangenaam om te eet. Goed vir die liggaam.
25Soms lyk ’n lewenstyl goed en reg. Uiteindelik bring dit net ellende.
26Om te leef moet jy werk. Honger laat ’n mens werk soek.
27Iemand wat nie wil werk nie, is sleg. Al wat hy doen, is om verkeerde dinge te beplan. Sy woorde vernietig mense se lewens.
28Mense wat ompaaie met die waarheid loop, veroorsaak oral rusie. ’n Skindertong vernietig mooi vriendskappe.
29’n Hartelose mens gee vir niemand om nie. Selfs sy beste vriend maak hy seer.
30Wie skelmpies vir ander knipoog, beplan iets verkeerds. Wie met sy hand op sy mond sit, swyg oor wat verkeerd is.
31Iemand wat lewenslank naby aan die Here geleef het, se oudag is mooi.
32Wie sy humeur kan beteuel, is sterker as die sterkste mens. Wie sy drange en emosies kan beheer, is magtiger as baie magtiges.
33’n Mens wik en weeg. God sê egter die laaste woord.

Seçili Olanlar:

Spreuke 16: DB

Vurgu

Paylaş

Kopyala

None

Önemli anlarınızın tüm cihazlarınıza kaydedilmesini mi istiyorsunuz? Kayıt olun ya da giriş yapın

YouVersion, deneyiminizi kişiselleştirmek için tanımlama bilgileri kullanır. Web sitemizi kullanarak, Gizlilik Politikamızda açıklandığı şekilde çerez kullanımımızı kabul etmiş olursunuz