PSALMS 59

59
God is in beheer van sake
1Vir die koorleier: Op die wysie van “Moenie verwoes nie”. Van Dawid. ’n Gedig. Na aanleiding van Saul se opdrag dat Dawid se huis omsingel moes word om hom dood te maak.
2Red my van my vyande, o God.
Laat my vyande
my nie in die hande kry nie.
3Bevry my
van dié wat boosheid bewerk;
red my tog
van dié wat bloeddorstig is.
4Want kyk, hulle lê my voor.
Gedugte mense
span saam teen my
al het ek nie oortree
of gesondig nie, Here.
5Hoewel ek onskuldig is,
bestorm hulle my,
gereed vir die aanval.
Ontwaak en help my!
Kyk tog wat hulle doen!
6O Here, God die Almagtige,
God van Israel,
gryp tog in en straf al die nasies.
Betoon geen genade
aan bose verraaiers nie.
Sela
7Hulle kom terug in die nag,
hulle grom soos honde
wat in die stad ronddwaal.
8Kyk hoe hulle my
beledig met hulle monde!
Hulle wys hulle tande
terwyl hulle dink:
“Wie sal ons hoor?”
9Maar, Here, U lag vir hulle.
U spot met al die nasies.
10My sterkte, op U wag ek,
want U, o God,
is my skuilplek.
11My troue God
sal my tegemoetkom.
God sal my laat neersien
op my vyande.
12Moenie hulle dadelik
doodmaak nie,
want my volk
vergeet so gou;
laat hulle steier
deur u krag,
en bring hulle tot ’n val,
Here, ons skild.
13Weens die sonde
uit hulle mond,
weens die woorde
van hulle lippe,
laat hulle gevang word
deur hulle hoogmoed,
weens hulle vervloekings
en hulle leuens.
14Vernietig hulle in u toorn!
Wis hulle geheel en al uit!
Dan sal hulle weet
dat God in Jakob regeer
en tot by die einde van die aarde.
Sela
15Hulle kom terug in die nag,
hulle grom soos honde
wat in die stad ronddwaal.
16Hulle aas rond
op soek na kos,
maar kry nie genoeg nie,
dan tjank hulle.
17Maar ek sal sing van u mag
en in die oggend
jubel oor u trou.
Want U was my toevlug,
’n veilige skuiling
in tye van nood.
18Ek sing lofliedere vir U,
my Sterkte,
want God is my skuilplek,
U is my troue God.

Seçili Olanlar:

PSALMS 59: NLV

Vurgu

Paylaş

Kopyala

None

Önemli anlarınızın tüm cihazlarınıza kaydedilmesini mi istiyorsunuz? Kayıt olun ya da giriş yapın

YouVersion, deneyiminizi kişiselleştirmek için tanımlama bilgileri kullanır. Web sitemizi kullanarak, Gizlilik Politikamızda açıklandığı şekilde çerez kullanımımızı kabul etmiş olursunuz